Chinese vissersbote laat gaan

Ondersoek afgehandel

03 April 2020 | Ministeries
Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat gaan.

Die kapteins van die vissersbote het gesê hulle het net in Namibiese waters ankers laat sak nadat hulle 'n weervoorspelling vir slegte weerstoestande ontvang het. Ondersoekbeamptes kon nie die beweerde weervoorspelling bevestig nie.

Volgens skout-admiraal Sinsy Nghipandua die vlootbevelvoerder, het die Chinese vaartuie Namibiese waters binnegekom vanaf die noordelike maritieme grens.

“Aanvanklik het ons gedink daar is net vier vissersbote, maar later is bevestig daar is ses. Hulle het ons grens met verdagte bewegings binnegekom deur spoed te verminder en hulle outomatiese identifikasiestelsel (AIS) af te skakel. Op 25 Maart, rondom 16:00, het hulle van koers verander en naby Hentiesbaai, wat 'n bekende visvanggebied is, gaan stilstaan.”

Hy sê die vloot het op 26 Maart, ná beraadslaging met die direktoraat vir maritieme aangeleenthede en die ministerie van visserye en maritieme hulpbronne, twee skepe ontplooi om die vissersbote te onderskep en daarop beslag te lê, indien nodig.

“Dié skepe het nog op dieselfde dag die vissersbote genader. Die vloot het gesukkel om met hulle te kommunikeer en hulle het net gereageer na ons in Mandaryns met hulle gepraat het. Daar is vasgestel daar is ses vaartuie, aangesien twee van die bote hulle identifikasiestelsels afgeskakel het.”

Dieselfde naam, Zhenyuanyu, is op al die skepe en hulle reeksnommers is onderskeidelik 805, 806, 809, 810, 818 en 821.

“Die vaartuie was almal geanker, met hul vlae en die Namibiese vlag gehys, wat die standaardprosedure is wanneer 'n skip in 'n land aankom. Nie een van die vaartuie het IMO- ??en IRCS- (roepteken) nommers gehad nie. Die kapteins het beweer hulle het geen planne om vis te vang nie, en hulle het slegs geanker as gevolg van die weervoorspelling. Hulle het daar skuiling gesoek om te wag vir beter omstandighede.”

Nghipandua het gesê weens die bewerings van slegte weersomstandighede, wat nie bevestig kon word nie, het die vloot besluit om hulle na die hawe buite die ankergebied te skuif, waar hulle verder ondersoek kon instel.

Op 28 en 29 Maart het 'n ondersoekspan, wat bestaan uit die vloot, die Namibiese polisie, die ministerie van visserye en mariene hulpbronne en later die direktoraat vir maritieme aangeleenthede, 'n ondersoek van stapel gestuur om vas te stel of die ses vissersbote skuldig was aan enige onwettige aktiwiteite of enige wette van die see verontagsaam het.

“Die ondersoekbeamptes moes ook hul beweerde visvangaktiwiteite in Angolese waters en Ekwatoriaal-Guinee ondersoek. Die bevindinge was dat hulle visgerei geen aanduiding getoon het van onlangse visvangaktiwiteite in Namibiese waters nie.”

“Die name van die vaartuie is in klein skrif van minder as een meter aangebring, wat die internasionale maritieme wet verontagsaam. Die vaartuie het geen roepteken-nommers nie en hul visvangrekords was slegs vir Angolese waters. Ongeruimdhede op die bemanningslyste is by van die bote gevind en hulle paspoorte is nie gestempel in lande waar hulle beweer hulle toestemming gehad het om vis te vang nie, behalwe in Angola.”

Die maatskappy Zhenyuanyu word gesamentlik deur die Republiek China en die private sektor besit.

“Die ondersoek het beslis dat, behalwe vir 'n paar ongeruimdhede, daar geen oortreding van die wet op mariene hulpbronne, die maritieme verkeerswet en die wet op maritieme sake of enige onwettige gedrag van die 40 bemanningslede was nie. Daarom is daar aanbeveel om hulle te laat gaan.”

Die vlootbevelvoerder sê die vloot het binne sy mandaat opgetree.

“Daar is nie amptelik beslag op een van die ses vissersbote gelê nie en volgens die Verenigde Nasies se konvensie oor mariene reg kan enige vaartuie wat van onwettige aktiwiteite verdink word slegs vir sewe dae geskut word. Ons het die ondersoek voor die sperdatum afgehandel en die vaartuie is vry om te gaan.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

4 ure gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

6 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

21 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

21 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

21 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...