Chinese ruimtevaarders op pad na Namibië

16 August 2019 | Plaaslik
Ronelle Rademeyer - China se eerste vrou in die ruimte, Liu Yang, besoek Namibië volgende week saam met haar kollega, die ruimtevaarder Chen Dong.

Hy het in 2016 altesaam 33 dae in die ruimte deurgebring.

Hulle sal van Maandag tot Vrydag in die land wees, sê die Chinese ambassade in ’n verklaring. Die besoek is op uitnodiging van pres. Hage Geingob.

Die ruimte-opsporingstasie by Swakopmund was op 29 Junie 2012 betrokke by die terugkeer van die ruimtetuig Shenzhou-9 aarde toe. Dit was die eerste bemande vaartuig wat by die Chinese ruimtestasie, Tiangong-1, gaan vasmeer het, en Liu was deel van die bemanning. Dit was die eerste keer dat ’n Chinese vrou ’n ruimtereis onderneem het.

Die Chinese Ruimtestasie vir Telemetrie, Opsporing en Beheer buite Swakopmund het in 2001 geopen met die doel om bemande Chinese ruimtetuie by te staan wanneer dit uit die ruimte terugkeer.

Die kontrak met die Namibiese regering vir die bedryf hiervan het in 2015 ten einde geloop.

Die media het verlede jaar berig oor ’n moontlike nuwe ooreenkoms tussen Namibië en China – dié keer vir die bou van ’n grondstasie vir die ontvangs van satellietdata uit die ruimte.

Volgens die verklaring deur die Chinese ambassade het Geingob verlede jaar tydens sy besoek aan China die Chinese Ruimtesentrum besoek waar hy met drie ruimtevaarders gesels en hulle uitgenooi het om Namibië te besoek.

Die twee Chinese ruimtevaarders sal volgende week leerlinge by die ruimtestasie by Swakopmund te woord staan, en ook studente van Namibië se twee universiteite toespreek.

Hulle sal ook ’n besoek aan Staatshuis bring.

“Chinese ruimtevaarders is nasionale helde en hulle besoek aan ander lande lei altyd tot ‘n warm ontvangs deur plaaslike vriende. Hulle besoek aan Namibië sal ‘n landmerkgeleentheid van vriendskaplike uitruiling tussen die twee lande wees,” sê die ambassade.

Die vorige keer wat só ’n besoek plaasgevind het, was in 2010 toe die eerste Chinese ruimtevaarder, Yang Liwei, in Namibië was.

Liu en die res van die Shenzhou-9 se bemanning het op 16 Junie 2012 op hulle ruimtebesoek aan Tiangong 1 vertrek, en weer op 29 Junie teruggekeer.

Op 17 Oktober 2016 is die Shenzhou-11 met Chen aan boord gelanseer. Ná 33 dae in die ruimte en ‘n besoek aan die Tiangong-2-ruimtestasie, het hy op 18 November 2016 teruggekeer.

Dit was China se langste bemande ruimtevlug tot nou toe.

Soortgelyk

 

8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag...

2 ure gelede | Gebeure

Otjiwarongo skud sy vere reg vir die viering van Heldedag Maandag en om die verwagte 10 000 besoekers te voed, word agt beeste, vyf elande...

Polisie skiet 'ietermagôsmokkelaar' in die voet

2 ure gelede | Misdaad

'n Man (34) wat 'n lewende ietermagô op Omaruru wou smokkel, lê nou in die hospitaal. Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die...

Drama met bultrugwalvis

14 ure gelede | In beeld

Pogings om ’n volwasse bultrugwalvis wat by Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai gestrand het, terug in die see te stoot, was onsuksesvol. Volgens me. Dorothy Fourie van...

Imalwa sê oor GIPF-appel

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die oudvakbondleier en hedendaagse politikus mnr. Evilastus Kaaronda sê hulle oorweeg steeds regstappe teen die aanklaer-generaal, me. Martha Imwalwa, oor die regering...

Mynbestuurder oor oortyd gedreig

14 ure gelede | Misdaad

face="Verdana" >Otis Finck op Swakopmund - ’n Bestuurder van Swakop Uranium, wat die Husab-myn besit, se lewe is weens ‘n oortydbetalingkwessie in gevaar.Mnr. Timo Ipangwela,...

Namibië en Rwanda verstewig bande

14 ure gelede | Ministeries

Pres. Hage Geingob het die hoop uitgespreek dat die Rwandese president, mnr. Paul Kagame, se staatsbesoek aan Namibië vandeesweek stukrag aan die verstewiging van die...

Weer vir 22 Augustus 2019

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal dié week tot in die naweek oor die kusgebiede heers. BINNELAND: Sonnig en baie warm. Winderige toestande sal voortduur. KUS: Sonnig en...

Reënbooghare vir siek kinders

14 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - ’n Twaalfjarige van die hoofstad met ’n groot hart het groot planne om geld vir liefdadigheid in te samel. Lelita Esterhuizen (12)...

Twee keer lewenslank vir vrouemoordenaar

14 ure gelede | Howe

Die man wat in Januarie 2016 twee vroue vermoor en hul liggame op die stortingsterrein wes van die westelike verbypad in die hoofstad verbrand het,...