Chinese omkopers nogmaals borgtog geweier in hoërhof

Appelleer teen vonnis, geen borgtog

18 December 2018 | Howe
Francoise Steynberg



Twee Chinese mans wat skuldig gepleit het aan die oortreding van die teenkorrupsiewet, en vir twee jaar tronk toe gestuur is, se borgtogappèl in die Windhoekse hoërhof is Vrydag weer geweier.

Xu Siyong (55) en Yang Hauifen (53) het op 7 September skuld in die Windhoekse landdroshof erken ná hulle twee dae tevore probeer het om 'n ­polisiebeampte, konst. Beauty Mukiwa, met N$4 000 om te koop.

Die omkoopgeld was bedoel om 'n geldwasseryondersoek van N$1 miljoen teen Yang te staak.

Die twee bestuurders by New Era Investment, 'n Chinese boumaatskappy, is gevangenisstraf van twee jaar opgelê, waarteen hulle op 14 September geappelleer het.

Tien dae later het hulle vir borgtog aansoek gedoen, wat op 27 September deur die landdros van die hand gewys is.

Daarna het hulle teen hierdie bevinding by die hoërhof aansoek om appèl gedoen, wat verlede week deur waarnemende regter Ileni Velikoshi aangehoor is.

Velikoshi het tydens die verhoor gemaan mense wat skuldig bevind word aan korrupsie of omkopery moenie geskok wees as hulle direk tronk toe gestuur word sonder die opsie van 'n boete nie.

Hy kon ook geen fout vind met die landdros se bevinding om nié borgtog aan Xu en Yang toe te staan nie.

“Omdat die appellante skuldig bevind en 'n vonnis van tronkstraf opgelê is, wat hulle geskok het, sal hulle op die vlug slaan om nie hul vonnis uit te dien nie, omdat hulle Chinese burgers is wat geen of min bande met Namibië het,” het Velikoshi gesê.

Hy het ook gesê die landdros het die Chinese se persoonlike ­omstandighede in ag geneem, die feit dat hulle eerste oor­treders en mans met familieverantwoordelikhede is, toe sy hulle ­gevonnis het.

“Die landdros het ook Xu en Yang se vonnis in ag geneem met die opsie van 'n boete, maar volgens haar was 'n boete weens die erns van die oortreding nie geskik nie,” het Velikoshi gesê.

“Dit is ook nie in die belang van die publiek en geregtigheid dat hulle op borgtog vrygelaat word nie. Dit is in die belang van die publiek en geregtigheid dat oortreders van ernstige misdaad hul vonnisse uitdien – hoe vroeër, hoe beter,” het die ­waarnemende regter gesê.

Xu en Yang is deur advokate Louis Botes en Werner Boesak verteenwoordig, terwyl staats­advokaat Felistas Shikerete-Vendura vir die staat verskyn het.

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

49 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

49 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

1 uur gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

11 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

11 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

11 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

11 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...