Chinese horingsmokkelaars sit langer nu00e1 appu00e8laansoek
Chinese horingsmokkelaars sit langer nu00e1 appu00e8laansoek

Chinese horingsmokkelaars sit langer ná appèlaansoek

15 jaar effektief agter tralies
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vier Chinese smokkelaars van renosterhorings gaan ná hul appèl langer agter tralies bly, het regter Alfred Siboleka Vrydag in die Windhoekse hoërhof beslis.

Dit volg ná Li Xiaoliang, Li Zhibing, Pu Xuixin en Wang Hui in Desember teen hul vonnis van 14 jaar tronkstraf elk geappelleer het nadat hulle op 24 Maart 2014 'n luiperdvel en 14 renosterhorings in twee tasse vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako uit Namibië wou smokkel. Die twee Li's en Pu is by die lughawe in hegtenis geneem en Wang eers later in Mei 2015 in die hoofstad.

Die vier is op 30 September 2016 in die Windhoekse streekshof deur landdros Alexis Diergaardt tot 14 jaar gevangenisstraf elk gevonnis. Die twee Li's en Pu se tronkstraf is vir twee en 'n half jaar vir vyf jaar opgeskort, terwyl Wang s'n vir twee jaar en vier maande opgeskort is. Die eerste drie sou dus effektief elf en 'n jaar agter tralies wees, en Wang elf jaar en agt maande.

Siboleka het saam met regter Dinnah Usiko nie net hul appèl van die hand gewys nie, maar hulle bykomend skuldig bevind aan geldwassery onder die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad.

Boonop is hul gevangenisstraf tot 20 jaar elk verleng, waarvan vyf jaar voorwaardelik opgeskort is. Die vier sal dus nou 15 jaar effektief agter tralies bly. Die vonnisse is tot 30 September 2016 terug gedateer.

"Renosters is vreedsame diere en daar is geen rede op aarde waarom iemand hulle wil skiet of hul horingsprodukte besit nie, behalwe om dit uit te voer en handel daarin te dryf. Hul karkasse is gelos om te vrot," het Siboleka gesê.

"Na my mening is die enigste doelwit om in besit van renosterhorings te wees, om die toerismebedyf - 'n enjin van ons ekonomie en welstand - op sy knieë te bring. Dit is die ergste soort van ekonomiese terugslag wat 'n buitelander of 'n burger op Namibiese grond kan pleeg."

Die regter het beklemtoon "as hierdie subtiele aanslag nie met 'n ystervuis getakel word nie, is die onherstelbare skade aan ons wildlewe onvermydelik en verseker."

Siboleka het gesê volgens die kringetelevisiekameras het die vier duidelik saam as 'n groep vir een dag op 23 Maart 2014 by die Windhoek Country Club beweeg.

"Hul bewegings tussen die twee kamers 242 en 243 wys dat hulle as 'n groep saam was. Al vier was in besit en in volle beheer van die twee tasse met die 14 renosterhorings en luiperdvel, selfs by die lughawe toe die bagasie by die bagasiepunt in die vertreksaal uitgewys en verwyder is," het Siboleka gesê.

Hy het ook beklemtoon dat Wang op 22 Maart 2014 die vliegtuigkaartjies van sy drie medepligtiges bespreek en betaal het.

Mnr. Sisa Namandje het die vier Chinese verteenwoordig en mnr. Simba Nduma het aangekla.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.84 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%