Chinese 'GPS' kan jou nou ook in Afrika vind
Chinese 'GPS' kan jou nou ook in Afrika vind

Chinese 'GPS' kan jou nou ook in Afrika vind

Karin Eloff
China se teenvoeter vir die Global Positioning Service (GPS), BeiDou, is sedert verlede Donderdag in lande buite Asië beskikbaar, onder meer in Oos-Europa en Noord-Afrika.

BeiDou is soortgelyk aan GPS deurdat dit 'n getal satelliete gebruik om iemand se ligging te bepaal. BeiDou het 'n speling van sowat 10 m.

GPS word deur die Amerikaanse regering besit en deur dié land se lugmag bedryf. Dit het 'n speling van so klein as 30 cm.

Volgens Bloomberg sal die meeste slimfoonskyfies wat wêreldwyd verkoop word, versoenbaar wees met BeiDou, wat ook ingeboude kommunikasie-eienskappe soos teksbood­skappe het.

China het reeds in die 90's begin bou aan sy eie satellietnavigasiestelsel. BeiDou is genoem na die Chinese woord vir die Noordelike Halfrond se Ursa Major- (Groot Beer) sterrebeeld. Die nuwe weergawe is die derde BeiDou-stelsel wat bekend gestel word.

Die stelsel word nog nie wêreldwyd gebruik nie – die doelwit is om dit teen die einde van die dekade oral te gebruik.

BeiDou het in November twee satelliete gelanseer, wat die totaal op 43 te staan bring. Dis teenoor die 31 aktiewe satelliete wat GPS tans het.

Rusland (Glonass), Europa (Galileo) en Indië (Navic) het ook hul eie navigasiestelsels.

 – Bloomberg, Wikipedia, GPS.gov/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!