Chinese app sonder mense as u2018muishondeu2019 uit
Chinese app sonder mense as u2018muishondeu2019 uit

Chinese app sonder mense as ‘muishonde’ uit

William Horne – Chinese owerhede het ’n nuwe app bekend gestel wat burgers inlig wanneer hulle naby iemand kom wat diep in die skuld is.

Die app is deur staatsbeamptes in die Hebei-provinsie van China ontwikkel, wat onder meer die hoofstad, Beijing, met ’n bevolking van meer as 21 miljoen mense insluit. Die app vorm deel van die Kommunistiese regering se voortdurende plan vir ’n stelsel van “sosiale krediet” waarmee landsburgers op grond van hul gedrag, finansies en politieke menings punte verloor of verwerf, berig The Next Web.

Die app is beskikbaar op die gewilde WeChat-platform, wat aan Tencent behoort, en moedig verbruikers aan om mense dop te hou wat as “diep in die skuld” geïdentifiseer is en hulle aan te gee deur middel van die app as dit blyk dat hulle éintlik die vermoë het om hul skuld af te betaal.

Regstreeks vertaal uit Chinees beteken die app se naam: ’n kaart van deugniet-skuldenaars.

Volgens die publikasie China Daily wys die app binne ’n radius van 500 m die gesigte, identiteitsnommers en persoonlike besonderhede van skuldenaars op die kaart, en lui boonop ook outomaties wanneer jy naby so iemand kom, al kyk jy nie.

As genoeg mense ’n skuldenaar daarvan verdink dat hy of sy eintlik genoeg geld het om hul skuld af te betaal en dit aanmeld, verloor hulle punte op hul “sosialekrediettelling”.

As jou punte te laag raak is daar talle negatiewe gevolge soos dat die stelsel jou dan al meer uit die samelewing sal verwyder, berig BGR.

Onder meer laat die nuwe stelsel toe dat talle mense nie meer vlugte en treinritte kan bespreek as hul punte te laag is nie.

Nog maniere waarop jy jou telling kan laat daal is as jy ’n buitensporige hoeveelheid videospeletjies speel of fopnuus aanlyn versprei.

Uiteindelik kan jou internettoegang beperk word, jou toegang tot goeie skole opgeskort word en jy kan selfs verbied word om vir sekere poste aansoek te doen.

Jy kan jou punt verbeter deur welsynwerk te doen en bloed te skenk.

· Naspers besit ’n belang van nagenoeg 32% in Tencent. Netwerk24 is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!