Chinees pleit skuldig
Francoise Steynberg - Ye Zhiwei (28), die Chinees wat met 18 renosterhorings deur die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geglip en op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo betrap is, het Dinsdag in Kempton Park se landdroshof op alle klagte skuldig gepleit.
Ye (foto regs) verskyn weer op 10 Februarie in die hof vir vonnisoplegging, het kapt. Carol Mulamu, woordvoerder van die Valke in Gauteng, gister aan Republikein gesê.
Ye het op 23 November vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg vertrek en is deur die Valke op dié lughawe met die 18 horings in sy reistasse betrap.
Hy was op pad om op 'n vliegtuig na Hongkong te klim toe die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad hom voorgekeer het en sy reistasse deursoek het.
Die Valke het op die 18 horings afgekom en Ye is onmiddellik in hegtenis geneem. Die horings, van meer as 43 kg, was in sy reistasse verseël en die waarde beloop miljoene.
Ye het skuldig gepleit op die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur wat bedreigde spesies reguleer.
Ye se beplande eindbestemming was Fuzhou in die Fujian-provinsie, in suidoostelike China.
Intussen het sersant Pendapala Iitula (42) van lugvaartsekuriteit by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in die Katutura-landdroshof verskyn omdat hy na bewering vir Ye met die 18 renosterhorings by die skandeerders op die lughawe laat deurglip het. Iitula het glo tydens die voorval by die skandeerders gewerk.
Hy verskyn op klagte van regsverydeling en dwarsboming van die gereg en is op borgtog van N$2 000 vrygelaat.
Iitula se saak is tot 3 Februarie 2017 uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie