Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

18 April 2019 | Misdaad
Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.

Hausiku was ‘n inwoner van Divundu in die Kavango-Oosstreek.

Die Namibiese polisie se waarnemende koördineerder vir misdaadondersoeke in die streek, hoofinsp. Melanie Mburu, het gesê die verdagte is ‘n 31-jarige Chinese sakeman en die polisie soek ook na sy Chinese medepligtige.

Hausiku was ‘n voormalige werker van die verdagte en was glo by die sakeperseel van die Chinees op Andara om oor sy finale betaling navraag te doen.

“Volgens inligting van die ondersoekbeamptes ontvang, het die salarisgeskil in ‘n onderonsie ontaard en die verdagte is oorval,” het Mburu gesê.

Die verdagte het na bewering sy medepligtige van Divundu gebel en hy het glo met die handwapen opgedaag waarmee Hausiku geskiet is.

Die verdagte is in polisieaanhouding by die Divundu-polisiekantoor en sal Dinsdag in die Rundu-landdroshof verskyn. - Nampa

Soortgelyk

 

Verbod op vakleerlinge in staatsdiens opgehef

1 uur gelede | Regering

Die verbod op die plasing van vakleerlinge in die staatsdiens word op 1 Junie vanjaar opgehef, het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vandag in...

Staat vra hof om minister skuldig te bevind

5 ure gelede | Howe

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze het vroeër vandag vir regter Christie Liebenberg gevra om vir me. Katrina Hanse-Himarwa skuldig te bevind aan korrupsie.Dít kom nadat die staat...

Brian Finch privaat gegroet

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die musieklegende Brian Finch, wat vroeër vandeesweek sy stryd teen kanker verloor het, gaan tydens ’n private seremonie ter ruste gelê word. Volgens ’n plaaslike...

NSFAF beperk finansiering

9 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

20 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

20 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

20 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

20 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

20 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...