China verwyder ietermagô van tradisionele medisynelys

Beter beskerming

11 June 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg - China het die ietermagô van sy tradisionele lys van medisyne (Chinese Pharmacopoeia) verwyder en ook die wetlike beskerming van dié mees gesmokkelde soogdier ter wêreld verhoog.

Prof. Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteit-navorsingsentrum van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), sê dit is verblydende nuus.

“Ons het juis verlede maand ’n nasionale ietermagô-werkgroep gestig om samewerking tussen wetenskaplikes en teenstropingseenhede te bevorder,” het Hauptfleisch gister aan Republikein gesê.

Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) het bevestig die verwydering van ietermagô-produkte van die Chinese tradisionele medisynelys is ’n stap in die regte rigting.

Ietermagôs se liggaamsdele soos die vel en skubbe behaal hoë pryse op die swartmark. Dit word algemeen in Chinese tradisionele medisyne gebruik, alhoewel wetenskaplikes sê dit het soos renosterhoring geen terapeutiese waarde nie.

Ietermagô-dele word egter vanjaar uit dié amptelike medisynelys verwyder, asook stowwe van vlermuismis wat in ’n pilvorm saamgestel is, het die Health Times in staatsbesit berig.

Die ietermagô is volgens sommige wetenskaplikes die moontlike gasheer van die coronavirus (Covid-19) wat verlede jaar in ’n tradisionele mark in Wuhan in China aan mense oorgedra is.

"Uitgeputte wildbronne" word uit die medisynelys onttrek, het Health Times Dinsdag berig, alhoewel die werklike rede vir die verwydering van die ietermagô onduidelik is.

SPESIALE BESKERMING

China se bosbou-owerheid het boonop Vrydag vir ietermagôs die hoogste vlak van beskerming in die land weens sy bedreigde status gegee.

Volgens China se wildbeskermingswette het die land twee vlakke vir die beskerming van wildlewe onder spesiale staatsbeskerming. Voor die opgradering was ietermagôs onder klas 2-staatsbeskerming.

China het die afgelope maande die verkoop van wilde diere as voedsel verbied weens die risiko van die verspreiding van siektes na mense, maar die handel in wildprodukte bly wettig vir navorsing en tradisionele medisyne.

“Die opgradering van die beskermingsvlak van ietermagôs is ’n ernstige situasie,” het dr. Sun Quanhui, senior wetenskaplike adviseur van die Wêreld-dierebeskermingsvereniging in China gesê.

“Dit beteken alle internasionale handel in ietermagôs – lewend of dood en hul produkte – word verbied. Terselfdertyd sal China se strawwe strenger vir wildmisdaad wees,” het Sun gesê.

China het in 2007 ’n verbod op die jag van ietermagôs uitgereik en alle kommersiële invoere van ietermagôs en hul produkte sedert 2018 opgeskort.

In Namibië is ietermagôstropery en –smokkelary steeds ’n groot uitdaging wat weekliks in die polisie se wildmisdaadverslag voorkom.

“Ietermagôs in Namibië word teen ’n skrikwekkende tempo gestroop en gesmokkel,” sê ietermagô-navorser en meestersgraadstudent aan Nust, Kelsey Prediger.

Die besit en smokkelary van en handel in ietermagôs is ’n misdaad in Namibië.

Mnr. Obert Sipilisa Sakutuka is Sondag op Katima Mulilo glo met 'n ietermagôvel in sy besit in hegtenis geneem.

In Mei is ’n man in Windhoek met ’n beseerde ietermagô in sy besit gevind.

In Maart is mnr. Hega Nekare op Rundu glo met 611 ietermagôskubbe, een ietermagôvel en vyf stukke vel vasgetrek.

’n Beloning word uitgereik aan mense wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes lei wat ietermagôs vang, doodmaak of smokkel. ’n Beloning word ook gegee aan mense wat inligting verskaf wat lei tot die beslaglegging op ietermagôs, hul liggaamsdele en produkte. - [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

2 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

2 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

2 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

2 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

2 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

2 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

2 ure gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...