China verwag groot pyn weens VSA
China verwag groot pyn weens VSA

China verwag groot pyn weens VSA

Die VSA het twee weke gelede invoertariewe ingestel op produkte wat $50 miljard se Chinese invoer verteenwoordig.
Hanlie Stadler – Die Chinese ekonomie het in die tweede kwartaal van 2018 teen 1,8% gegroei – die beste kwartaalgroei sedert die derde kwartaal van 2017.

Op ’n jaargrondslag het die ekonomie egter ’n bietjie verlangsaam, met groei van 6,7% vergeleke met 6,8% in die eerste kwartaal, het die land se statistiekeburo Maandag bekend gemaak.

Dis die traagste jaargroei sedert 2016.

Die Chinese regering se mikpunt vir ekonomiese groei vir vanjaar is 6,5%, maar dié teiken is gestel voordat die handelsoorlog met die VSA ontketen is.

China is die wêreld se tweede grootste ekonomie en is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot. In Mei het 9,4% van Suid-Afrika se uitvoer na China gegaan en 18,8% se invoer het van daar gekom, volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se handelsyfers.

China se nywerheidsproduksie het in Junie gedaal, maar kleinhandelverkope was hoër.

Die VSA het twee weke gelede invoertariewe ingestel op produkte wat $50 miljard se Chinese invoer verteenwoordig. Die VSA ondersoek ook invoertariewe wat $200 miljard se produkte sal raak.

China het uit weerwraak invoertariewe ingestel op onder meer sojabone wat vanuit die VSA ingevoer word.

Mao Sjengjong, woordvoerder van China se statistiekeburo, het met die bekendmaking van die groeisyfers gesê China kom te staan voor “uiters ingewikkelde en strawwe” plaaslike én eksterne omstandighede, berig Bloomberg.

Bloomberg Economics raam dat Chinese groei met tot 0,5 van ’n persentasiepunt laer kan wees weens die handelsoorlog.

Intussen bereken Bloomberg Economics ook dat die handelsoorlog wêreld- ekonomiese groei met 0,4 persentasiepunte kan verminder. Dit beteken pleks van die 4% groei wat die beleggingsbank Nomura verwag, kan dit so laag wees as 3,6%.

Die Europese Unie het reeds sy verwagting vir groei tot van 2,3% tot 2,1% verlaag.

Die Internasionale Monetêre Fonds reik Maandag sy nuutste groeiverwagtinge uit. Dié wêreldliggaam waarsku die afgelope ruk keer op keer dat die handelsoorlog tussen die VSA en China ’n uitwerking op die hele wêreldekonomie gaan hê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!