China skenk groot vir teenstropery
Die Chinese regering het 30 4x4-bakkies en kampeertoerusting ter waarde van N$15 miljoen aan die ministerie van die omgewing en toerisme ten bate van hul teenstropery-werksaamhede geskenk. Die toerusting sluit onder meer 500 tweemantente, 600 slaapsakke, 100 verkykers, 100 sonkragbatterye en 1 000 muskietnette in. Die oorhandiging het Dinsdag tydens mnr. Li Zhanshu se besoek aan die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, plaasgevind. Li is die voorsitter van die Chinese Nasionale Volkskongres se staande komitee en lei die Chinese afvaardiging na Namibië. Foto Marc Springer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie