China se president kan lewenslank regeer
China se president kan lewenslank regeer

China se president kan lewenslank regeer

Die verandering is tydens die jaarlikse sitting van die Chinese kongres goedgekeur.
China se kongres het die beperking tot twee presidensiële ampstermyne van vyf jaar in sy grondwet geskrap, berig die BBC.

Dit beteken pres. Xi Jinping kan lewenslank in sy amp bly.

Dié verandering is op die jaarlikse sitting van die Chinese kongres goedgekeur.

Net twee afgevaardigdes het daarteen gestem, drie het buite stemming gebly en die res van die 2 964 stemgeregtigdes het dit goedgekeur.

China het die beperking op die termyn in die 1990’s ingestel.

Xi, wat in 2023 moes aftree, het in Oktober die gebruik teengegaan om sy opvolger op die jaarlikse kongres van die Kommunisteparty aan te wys.

Hy het eerder sy mag versterk nadat die party sy ideologie en naam in die party se grondwet verewig het. Sy status is nou dieselfde as die party se stigter, Mao Zedong.

Die kongres is die magtigste wetgewende liggaam in China, maar doen wat dit aangesê word om te doen.

Die stemmery was grootliks simbolies.

Xi (64) word as die magtigste leier sedert Zedong beskou.

Hy het die veranderinge aan die grondwet as die “wil van die mense” beskryf.

Sommige kritici meen egter hy het homself kwesbaar gemaak omdat politieke faksiegevegte kan ontstaan, berig CNN.

Li Datong, ’n voormalige redakteur van die staatsbeheerde koerant, China Youth Daily, en een van sy min kritici, sê dit kan Xi op lang termyn kwesbaar maak.

“Hy het vir homself ’n gat gegrawe. Al die politieke partye was dit nog altyd eens dat ampstermyne beperk moet word. Die beëindiging daarvan kan politieke onmin veroorsaak.”

Reuters berig dat die staatsbeheerde media die verandering goedkeur.

In die aanloop tot die stemmery het kritici op sosiale media die stap veroordeel en dit met gebeure in Noord-Korea vergelyk.

Die voorstel is eers ’n maand gelede gemaak.

Die Global Times skryf in sy hoofartikel dat Westerse politieke teorieë betekenisloos vir China is.

“Ons is ál meer oortuig dat China se heil in sterk partyleierskap lê. Ons glo in kameraad Xi Jinping en die party se sentrale kongres se leierskap.

“Ons het die opkoms en verswakking van Westerse lande beleef. Die Westerse politieke stelsel geld nie ontwikkelende lande nie en het afgryslike gevolge.”

Die koerant sê die verandering beteken nie dat ’n leier noodwendig sy hele lewe lank sal regeer nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!