China se Coega-aanleg skep só werk

Dié belegging is die grootste in ’n nuwe vervaardigingsfasiliteit in Suid-Afrika die afgelope 40 jaar.
Riana De Lange – Die eerste voertuig uit Beijing Automotive Industry Company (BAIC) se nuwe fabriek in die Coega-nywerheidsone in Port Elizabeth sal voor einde vanjaar in Suid-Afrika te koop wees.

BAIC SA het die afgelope week op ’n glansgeleentheid in Coega gesê belangrike bouwerk in die eerste fase ter waarde van R2 miljard is ver gevorder en toerusting is gereed vir die finale montering (sogenaamde semi-knockdown omdat verskillende dele van die voertuig ingevoer en dan hier aanmekaar gesit word) van die kompakte sportnutsvoertuig X25.

Die eerste fase behels ’n kantoorgebou van 4 200 m², ’n monteer- en bakwerk-afdeling van 42 000 m² en die installering van robottoerusting. Konstruksie aan die verfwinkel van 21 000 m² sal binnekort begin.

Uiteindelik word ’n verskafferspark ook beplan wat komponentvervaardigers sal huisves.

BAIC beoog om uiteindelik 60% plaaslike inhoud in sy Suid-Afrikaans vervaardigde voertuie te hê, het Xu Heyi, voorsitter van die BAIC-groep, Dinsdag gesê. Die huidige gemiddeld in die bedryf is sowat 35%.

Meer as 30 onderdele wat plaaslik verkry word, is deel van vanjaar se planne. Dit sluit in toebehore vir die binnekant van die voertuie soos tapyte en sitplekke.

Die Coega-fabriek, die eerste wat BAIC buite China bou, behels ’n totale belegging van R11 miljard in die Oos-Kaap en is ’n vennootskap tussen BAIC en die Industrial Development Corporation (IDC). Die belegging is die grootste in ’n nuwe vervaardigingsfasiliteit in Suid-Afrika die afgelope 40 jaar.

Busi Mabuza, voorsitter van die IDC, het gesê hulle verwag die belegging sal ’n positiewe invloed hê in die streek en tot bykomende beleggings en werkskepping lei.

Altesame 60% van die voertuie wat in Coega gebou sal word, sal na Afrika, die Midde-Ooste en Suid-Amerika uitgevoer word, met die oorblywende 40% vir die plaaslike mark, het Xu gesê.

Die fabriek sal uiteindelik 100 000 eenhede per jaar kan bou.

BAIC het tans 17 handelaars in Suid-Afrika. Die kleinhandelprys van die X25 wat hier gebou sal word, is nog nie bekend nie, maar die maatskappy sê dit sal goedkoper wees as om die voertuig in te voer. Dié kleinhandelprys begin in die omgewing van R220 000.

Die BAIC-mylpaal volg nadat voertuigvervaardiging ’n gevoelige slag toegedien is met General Motors wat einde 2017 vervaardiging in Suid-Afrika opgeskort het.

Vir die departement van handel en nywerheid is voertuigvervaardiging ’n belangrike sektor in sy aksieplan vir nywerheidsbeleid.

Dit dra 6% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by en 33% tot vervaardiging-BBP.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het vroeër vanjaar gesê die motorbedryf het die afgelope dekade R45 miljard se nuwe beleggings gelok en uitvoer is verhoog danksy ondersteuningsprogramme vir die bedryf.

Onder die beleggings tel BMW se R6 miljard in sy Rosslyn-aanleg vir produksie van die nuwegenerasie-BMW X3; Volkswagen SA wat sowat R3 miljard in sy Uitenhage-fabriek belê het vir die bou van die nuwe Polo Vivo en Polo; en Toyota se belegging van R6,1 miljard in sy Prospecton-fabriek in Durban om die Hilux en Fortuner te bou.

BAIC SA se belegging is deel van 26 bilaterale ooreenkomste ter waarde van R94 miljard wat in 2015 tussen Suid-Afrika en China onderteken is.

Tydens Dinsdag se geleentheid het pres. Cyril Ramaphosa en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, via ’n regstreekse video-oorskakeling saam ’n knoppie gedruk om die eerste voertuig uit die fabriek van die monteerlyn te laat loop.

1 540 werkgeleenthede in die konstruksiefase is geskep en kontrakte ter waarde van R200 miljoen is met 73 klein, medium en mikro-ondernemings gesluit. Volgens BAIC sal 120 werkers teen einde vanjaar in diens wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048