China, Namibiu00eb verstewig landboubande
China, Namibiu00eb verstewig landboubande

China, Namibië verstewig landboubande

Namibië en China betree die tweede fase van die Suid-Suid-ooreenkoms en gaan nouer saamwerk in die uitbou van landbou en akwakultuur.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, het Maandag gesê hy is teleurgesteld dat Namibië steeds nie beesvleis na China kon uitvoer nie, ofskoon die ooreenkoms hiervoor al drie jaar gelede onderteken is.

Hy het dié opmerking gemaak tydens ’n hoëvlak- Chinese afvaardiging se besoek aan sy ministerie vir die ondertekening van ’n memorandum van verstandhouding (MOU) oor nouer tegniese samewerking as deel van die Suid-Suid-ooreenkoms tussen China en Namibië.

Laasgenoemde is ’n drieledige ooreenkoms tussen hierdie twee lande en die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO).

“Ons merk met kommer op dat die ooreenkoms vir die uitvoer van beesvleis na China ná byna drie jaar nog nie vrugte afgewerp het nie,” het Mutorwa gesê en bygevoeg die kwessie van knopvelsiekte by beeste bly die groot struikelblok wat hierdie uitvoere verhinder.

China se onderminister van landbou het opgemerk sy besoek handel oor onderhandelinge vir nouer tegniese samewerking en hy kan hom nie oor dié kwessie uitlaat nie.

Dié land se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, het gesê ’n nuwe protokolooreenkoms vir die uitvoer van beesvleis sal moontlik binnekort onderteken word.

Volgens hom kan dit later ook uitgebrei word om vir skaapvleis en die uitvoer van vis voorsiening te maak.

Mutorwa het verder daarop gewys dat die eerste fase van die Suid-Suid-ooreenkoms tasbare resultate opgelewer het.

Onder meer deurdat 15 landboukundiges uit China na landelike gebiede ontplooi is waar hulle boere se kennis en vaardighede oor boerdery help verbeter het.

Voorts is nuwe rysvariëteite ook aan kleinboere in die noordooste van die land bekend gestel.

“Dit sal help om voedselsekuriteit te verbeter en die inkomste van hierdie boere te verbeter,” het die minister gesê.

Die implementering van die tweede fase van die Suid-Suid-ooreenkoms begin in Mei en die MOU verskaf die praktiese raamwerk hiervoor. Mutorwa het die hoop uitgespreek dat voedselsekuriteit hierdeur verbeter sal word.

Mnr. Samuel Ankama, adjunkminister van visserye en mariene hulpbronne, het gesê hy verwelkom China se belofte van tegniese hulp in die verbetering van akwakultuur in die land, “aangesien dié sektor nog in sy kinderskoene is”.

Hy het daarop gewys dat sy ministerie sowat 18 maande gelede ’n meesterplan vir die bevordering van akwakultuur vrygestel het, maar sê die nodige kundigheid hiervoor ontbreek.

Ankama het ook gewys op die groot mark vir tilapia in lande soos Angola en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en gesê daarom is dit belangrik dat akwakultuur in Namibië groei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!