China bou sneltrein-spore van 30 000 km

03 January 2017 | Ekonomie
China se beloofde besteding aan infrastruktuur kan dié land se ekonomie vinniger laat groei, wat goeie nuus is vir Suid-Afrika.

China wil teen 2020 'n snelspoornetwerk van meer as 30 000 km hê, wat groei in die land se kleiner stede kan aanwakker.

Nog 3 000 km gaan ook gelas word by die land se stedelike treinstelsel.

Volgens 'n nuuskonferensie deur die staatsraad se inligtingskantoor in Beijing gaan die snelspoornetwerk 80% van die groot stede in China dek.

China het vroeër laasjaar die eerste keer 'n private maatskappy gekontrakteer om 'n stedelike spoordiens te bedryf.

Die besteding aan spoornetwerke is deel van pres. Xi Jinping se beoogde besteding van US$403 miljard tot 2020 om die land se vervoernetwerk te moderniseer. Die besteding kan groei verbeter in die wêreld se tweede grootste ekonomie.

China se ekonomie groei teen nagenoeg 6,7%. Die regering se teiken is vir tussen 6,5% en 7%, wat laer is as die gemiddelde oor die afgelope byna 30 jaar van net minder as 10% per jaar.

Suid-Afrika, wat die meeste van sy hulpbronne na China uitvoer, sal voordeel trek indien China vinniger groei.

– Netwerk24/Bloomberg/Trading Economics

Soortgelyk

 

Sendelinge uit die selle

4 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ons is nie kwaad nie, ons is hier vir die kinders, die jeug, enkel- en werklose moeders en ons wil graag aangaan...

Daar's water in die Ugab

4 ure gelede | In beeld

Die Ugabrivier het Maandagoggend vir die eerste keer in vier jaar gevloei. Mnr. Basil Calitz van die Brandberg-ruskamp op Uis het dit op sy kamera...

Khomasskole sonder water

4 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Verskeie skole in die Khomasstreek sit sonder water nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur versuim het om hul munisipale rekeninge...

Antraks oorsaak van leeu se dood

4 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus Miltsiekte was die oorsaak van die dood van die woestynleeu XPL 98 in die Ugabvallei. Bevestiging van die bevinding is deur 'n staatsveearts...

Jong vrou se lyk naby kragstasie gevind

4 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - 'n Verbyganger op die B1-pad langs die Van Eck-kragstasie in Windhoek het gister 'n grufonds gemaak toe hy op die lyk van...

Ondersoek na ongewenste verhoudinge

4 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Intieme verhoudinge tussen onderwysers en leerlinge kom algemeen in veral plattelandse skole in Namibië voor. Terselfdertyd is ouers, onderwysers en skoolhoofde hiervan bewus,...

Weer vir 18 Januarie

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie. KUS: Gedeeltelik bewolk...

Klagte sluit onder meer geldwassery en bedrog in

4 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Die borgtogaansoek van mnr. Laurentius Julius en twee Chinese burgers, mnre. Tao Huizhong en Huang Jinrong, in 'n saak wat betrekking het op...

Gimmies herdenk 10 jaar

4 ure gelede | Onderwys

Maria Eiseb - Windhoek Gimnasium het gister sy tiende bestaansjaar gevier. Volgens die besturende direkteur van die skool, me. Colette Rieckert, het die skool sy...