Chiefs, 'Canes laai spanne met All Blacks
Chiefs, 'Canes laai spanne met All Blacks

Chiefs, 'Canes laai spanne met All Blacks

Superrugby
Die Chiefs het hul beginspan vir hul Superrugby-kwarteindstryd môre teen die Hurricanes in Wellington gelaai met sterre wat van beserings herstel het.

Die span van Waikato is vanjaar deur beserings lamgelê, maar vier voorkeurspelers wat verlede week se kragmeting, ook teen die Hurricanes, misgeloop het, sal hulle môre probeer help om tot die halfeindronde deur te dring.

Benewens die losskakel, Damian McKenzie, wat volgens die All Blacks se beleid wat speeltyd betref 'n blaaskans gegun is, keer die flank Sam Cane (harsingskudding), senter Charlie Ngatai (siekte), haker Nathan Harris (dyspier) en vleuel Sean Wainui (skouer) terug ná beserings nadat hulle die sege van 28-24 verlede week in Waikato oor die Hurricanes misgeloop het.

Die strydros-agtsteman, Liam Messam, is ook terug in die beginspan nadat hy verlede week op die plaasvervangersbank gesit het.

Intussen het die Hurricanes aan hul agterlyn getorring om plek te maak vir die makrovleuel Julian Savea, wat verlede week op die plaasvervangersbank gesit het.

Savea gaan sy rugby volgende jaar by die Franse reus Toulon speel en dié stryd kan dus sy laaste vir die Hurricanes wees.

Jordie Barrett skuif na buitesenter, met nóg 'n All Black, Nehe ­Milner-Skudder, wat van vleuel na Barrett se plek op heelagter skuif om plek te maak vir Savea op die regtervleuel.

Die Engelse losvoorspeler en Hurricanes-kaptein, Brad Shields, is voorlopig in die beginspan gekies, maar as hy nie van 'n ribbesering kan herstel nie, sal Reed Prinsep in sy plek op flank begin.

Jeff Toomaga-Allen, 'n ervare stut, sal in sy 100ste Superrugby-­wedstryd speel.

Die wenner van dié stryd sal teen die wenner van die kwarteindstryd tussen die Crusaders en die Haaie in die halfeindronde speel.

 – Stuff.co.nz, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!