Chelsi bekoor in unieke kostuum

02 December 2021 | In beeld
Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in Israel verteenwoordig. Die kostuum – genaamd “Child of Salt and Soil” – is deur Chelsi se tuisdorp, Walvisbaai, geïnspireer. “Haar nasionale kostuum is 'n ode aan die pragtige skake­rings van Walvisbaai se pienk soutpanne en geliefde flaminke,” het die organisasie verduidelik. Deur die detail van die “soutkristalle”; sjiffonmateriaalstroke om die water van die panne voor te stel en die fyn detail van die tradisionele Ovambo-­tekstiel – 'n pienk gestreepte katoenmateriaal – wat verwys na Chelsi se erfenis, "beliggaam hierdie kostuum Namibië se kultuur, natuur, infrastruktuur en hardwerkende mense". Die skeppingsproses het ses mense glo meer as 150 uur geneem. Die kostuumontwerpers is The Snow White Project, Bettina Thomas, Anna Ward Shilongo, Synedgy en Jolene Visser. Foto Paolo Schneider

Soortgelyk

 

Boggelrug rus teen die rotse

3 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

3 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

3 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

3 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...

Weer vir 14 Januarie

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die noordweste en die verre Weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies

3 ure gelede | Vervoer

Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA),...

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

16 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

16 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...