Cheetah View Lodge open sy deure

Besoekers aan die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) kan nou in hul nuwe, moderne lodge oornag.
Francoise Steynberg
Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) het vroeër vandeesmaand sy deure vir gaste by die nuwe Cheetah View Lodge aan die voet van die Waterbergplato oopgemaak.

Die vyfslaapkamerlodge is by die CCF se veldnavorsing- en onderrigsentrum op die 46 000 ha-wildreservaat naby Otjiwarongo geleë.

Die lodge is gebou om veral internasionale besoekers te huisves wat meer oor die CCF se bewaringswerk wil leer.

"Cheetah View Lodge is gerig op die middelklas- toeristemark en sluit aan by die CCF se bestaande luukse akkommodasie, Babson-gastehuis, as opsie vir oornagbesoekers," sê die stigter van die CCF, dr. Laurie Marker.



"Ons beoog om mense te onderrig oor die bewaringswerk wat ons doen. Ons het die Cheetah View Lodge oopgemaak sodat gaste langer by ons kan bly en alles wat ons doen om die jagluiperd te red, te kan beleef," sê Marker.

“Ons holistiese benadering tot bewaring fassineer besoekers en daar is só baie programme wat hulle meer kan leer."

Die verskeidenheid programme sluit in veewagterhonde wat geteel, opgelei en na plase uitgeplaas word; ’n opleidingskursus oor die beste landboutegnieke vir plaasgemeenskappe (Future Farmers of Africa); en ’n skooluitreikprogram waartydens leerlinge oor Namibiese wildlewe leer.

Die CCF het ook ’n wêreldbekende genetiese laboratorium waar navorsers verskeie Afrika-spesies ondersoek en hul data internasionaal deel.

Hy het ook ’n ekologiedepartement wat gereelde wildtellings doen, asook ’n biomassa-aanleg.

“Die CCF verwelkom meer as 10 000 toeriste as dagbesoekers per jaar wat lank reeds hul belangstelling uitgespreek het om meer oor die CCF se programme uit te vind.

"Die Cheetah View Lodge maak dit nou vir besoekers moontlik om meer tyd saam met ons te bestee en bewaring in aksie te sien. Ons hoop hulle sal die boodskap internasionaal versprei,” het Marker gesê.

Die nuwe lodge is opgedra aan die CCF se beskermvrou, haar hoogheid prinses Michael van Kent, wat in April besoek by die CCF afgelê het.

Cheetah View Lodge is in ’n moderne chalet-styl gebou met ’n asemrowende uitsig op die Waterbergplato.

Dit is vyf minute se stap van die CCF se hoofkampus af.

Buiten die vyf suites het Cheetah View Lodge ook ’n private eetkamer wat op ’n watergat uitkyk en waar gaste ’n verskeidenheid van wild kan besigtig.



Besoekers kan nou jagluiperdbewaring bespreek, deelneem aan wildbesigtigingsritte, begeleide staptogte in die bos meemaak, en toegang tot die CCF se bewaringsprojekte hê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!