‘Cheers,’ sê Choppies
‘Cheers,’ sê Choppies
16 August 2019 | Sakenuus
Nellie Brand-Jonker
Die sukkelende winkelgroep van Botswana, Choppies, het besluit om die aftog te blaas in Suid-Afrika.
Beleggers is verwys na die verskeie aankondigings oor die vertraging met die uitreiking van sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie en die verwante omsigtigheidsverklaring.
Nog ’n omsigtigheidsverklaring is nou uitgereik wat nie daarmee verband hou nie.
Volgens die maatskappy het sy direksie ná ’n strategiese hersiening van sy Suid-Afrikaanse onderneming besluit om die mark te verlaat.
Choppies het begin met ’n proses om Choppies Supermarkets SA heeltemal of gedeeltelik te verkoop.
Hy meen as so ’n transaksie voltooi word, sal dit ’n impak op sy aandeelprys hê.
Die direksie het Redford Capital aangestel as adviseur in die proses.
Belangstellende partye is uitgenooi om op ’n webtuiste (www.choppies-eoi.com) hul belangstelling te toon om ’n aanbod te maak.
Redford Capital is nie ’n verwante party van Choppies nie, lui die verklaring.
Choppies se verhandeling is sedert November 2018 op sowel die aandeelmarkte van Botswana as Johannesburg opgeskort.
Dit was omdat hy nie sy jaarsyfers uitgereik het nie.
Netwerk24 het in Mei berig Choppies het sy uitvoerende hoof geskors. – Netwerk24

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
1 dag gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
1 dag gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
1 dag gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
1 dag gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
1 dag gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
1 dag gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
1 dag gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
1 dag gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
1 dag gelede | Regering
Kleinadvertensies