Chaos oor nuwe busroetes

Ronelle Rademeyer
Maria Eiseb



Verlede Maandag met die instelling van die gewysigde munisipale­ busroetes in Windhoek, was dit chaos by die nuwe Wernhil-­bushalte.

Volgens die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, het die stad 14 busroetes, onder meer vir die woonbuurte van Katutura na die voorstede soos Auas­blick.

Van die eerste dag af het passasiers probleme ondervind.

“Die mense moet nog aan die nuwe roetes gewoond raak,” het Amutenya gesê. “Die nuwe roetes is einde Oktober bekend gemaak, maar die inligting het nie almal bereik nie.

“Ons sal voortgaan om die gemeen­skap in kennis te stel, al moet ons dit daagliks doen.”

Kennisgewings sal ook op die busse deurgegee word, het Amuntenya gesê.

Daar is wel daagliks ''n verbetering in die vloei, volgens die woordvoerder.

“Die stad het te min busse om aan die aanvraag te voldoen, maar ons sal aanhou gebruik wat ons het,” het sy gesê.

“Die munisipaliteit sal nie die nuwe roetes verander nie en as daar uitdagings opduik, sal ons dit takel soos ons voortgaan,” het sy gesê.

Amuntenya sê by die Wernhil-­bushalte is werknemers van die munisipaliteit om die pendelaars met inligting oor die nuwe roetes te help

“Die oorskakeling na die nuwe stelsel is ''n stap na ''n moderne, eerste­klas busnetwerk. Die stelsel is deur middel van die meesterplan vir volhoubare, stedelike vervoer voorgestel.

“Dit is ''n gereelde en betroubare busdiens op lang termyn en dit is maar net die eerste stap,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!