Champs-Elysees: Vier in aanhouding
Champs-Elysees: Vier in aanhouding

Champs-Elysees: Vier in aanhouding

Frankryk
NAMPA
Vier familielede van 'n man wat dood is nadat hy met sy motor in 'n polisiekonvooi in Parys se Champs-Elysees vasgejaag het, is in aanhouding.

Die kantoor van Parys se staatsaanklaer het gister bekend gemaak dat die vier oornag aangekeer is in 'n teenterrorisme-ondersoek ná Maandag se aanval.

Polisiewoordvoerders sê die man was op die polisie se verdagtelys weens betrokkenheid by radikalisme. Die kantoor van die eerste minister het bevestig dat die man 'n wapenlisensie gehad het.

Premier Edouard Philippe het op BFM-televisie gesê die permit is uitgereik voordat die aanvaller onder die aandag van die owerhede gekom het.

Sy motor was volgepak met wapens en plofstof toe dit in die polisiekonvooi vasgejaag het. Niemand anders is in die voorval in een van Parys se besigste inkopiedistrikte beseer nie. Die Champs-Elysees is Maandagnag heropen.

- Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!