Challenge Air-saak in Namibiu00eb verhoor
Challenge Air-saak in Namibiu00eb verhoor

Challenge Air-saak in Namibië verhoor

'n Belgiese regsverteenwoordiger kan Air Namibia en sy sustermaatskappy, TransNamib, in 'n Namibiese hof aanvat.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die hoërhof het Vrydag beslis die Belgiese regsverteenwoordiger Anicet Baum, wat die uitsluitlike kurator van Challenge Air SA is, kan die maat­skappy in 'n Namibiese hof verteenwoordig.

Dít in die voortslepende dispuut met Air Namibia en sy sustermaatskappy, TransNamib.

Challenge Air en die twee Namibiese staatsmaatskappye het in 2005 in 'n dispuut oor die huur en instandhouding van 'n Boeing 767-33 AER-vliegtuig betrokke geraak.

In Augustus 2008 is ten gunste van Challenge Air beslis.

Toe Air Namibia nie daaraan gehoor gegee het nie, het 'n Duitse hoër- streekhof verklaar dié arbitrale toekenning is afdwingbaar.

Air Namibia het daarop gewys dis 'n ­“buitelandse” beslissing en kan nie deur 'n Namibiese hof ­afgedwing word nie.

Die lugredery het die beslissing sonder sukses teengestaan en nie die bedrae betaal soos in die arbitrale toekenning ­uiteengesit nie.

Hiervolgens moes Air Namibia US$6,5 miljoen aan Challenge Air betaal vir onbetaalde in­standhouding, huur en die vliegtuig se ver­sekering.

Air Namibia moes ook US$13 miljoen se rente op laat en geen betalings vir onderhoud, huur en versekering in Julie 2011 betaal het.

Die lugredery is onder meer opdrag gegee om ander kostes en uitgawes te betaal, wat €296 822, CHF1,7 miljoen, R617 636 en US$226 257 insluit.

Baum beoog om regs­aksie in die ­Namibiese howe in te stel om die arbitrale toekenning te erken en af te dwing.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!