Cat S61: Die nuwe slimfoon wat alle ander oortref

Wat sal jy verkies? 'n Duur foon wat byna onbreekbaar is, in die donker kan “sien” en afstande met 'n laserstraal kan meet, of 'n duur foon wat breek die eerste keer wat jy dit per ongeluk laat val?

Daar behoort eintlik nie eens 'n debat hieroor te wees nie.

Ja, die nuwe Cat S61-slimfoon is peperduur en sal jou byna soveel soos 'n iPhone 8 Plus uit die sak jaag, maar die gemoedsrus wat daarmee saamkom, kan geen geld koop nie.

Cat is reeds welbekend vir sy sterk fone van harde plastiek en metaal wat jy maar kan laat val, selfies in die swembad neem of sommer vir die grap oor dit met jou sportnutsvoertuig ry.

Sy jongste vlagskipmodel is sy duurste, maar ook beste slimfoon tot nog toe.

Hoewel die handelsnaam ­algemeen geassosieer word met mense in die konstruksiebedryf is die S61 die ideale foon vir enige hardebaard-­selfoongebruiker.



Grootte, skerm en ontwerp

Die S61 is so stewig soos 'n baksteen en sal waarskynlik uitstekende boumateriaal maak. Die raam is van aluminium met afwerkings van plastiek (amper meer rubber) en Gorilla®-glas.

Die foon is heelwat dikker as die gemiddelde slimfoon, maar jy vergewe Cat gou daarvoor as jy agterkom hoeveel katoeters die vervaardiger ingebou het.

Met 'n skermgrootte van 5,2 duim (13,2 cm) en 'n prominente knop aan die bokant is die S61 dalk nie die sexyste foon op die mark nie.

Die S61 is gebou om 'n val van minstens 1,8 m (die gemiddelde lengte van 'n volwasse man) af te weerstaan, en dit het toe ek dit (aspris) op my kombuisvloer laat val het.

Die S61 sal ook drie meter diep saam met jou kan gaan swem, selfs in die see.



Kamera en ander ­fantastiese funksies

So gepraat van selfies, die S61 se 16 MP-hoofkamera neem skaflike kiekies, hoewel die voorste 8 MP-selfiekamera se foto's bietjie greinerig vertoon.

Maar dit maak nie saak nie, want die S61 is nie ontwerp om ­Instagram-kompetisies mee te wen nie.

Dis die termiese kamera wat werklik die oë laat rek. Cat het sy eerste termiese kamera in die S60 ingebou.

Die S61 s'n is egter 'n merkbare verbetering.

Dié kamera meet die temperatuur van voorwerpe (en mense) in foto's.

Dit kan deur mure sien waar warmwaterpype loop; dit kan “sien” of jou hond koors het en of daar olie in jou donker motorhuis uit jou motor drup.

Die praktiese gebruik van 'n termiese kamera in jou sak is byna legio en dis ongelooflik prettig om te gebruik.

Is jy bang daar skuil iemand in die middel van die nag agter 'n struik in jou tuin? Die termiese kamera sal die hitte van die booswig optel en sy ligging verklap.

Daarmee saam het die S61 ook 'n ingeboude maatband wat afstande met 'n laserstraal meet. Dit kan onder meer die oppervlakte van 'n muur bepaal wat jy graag wil teël of verf, of help sodat jy weet hoe lank 'n vertrek is ingeval jy 'n elektriese koord wil installeer en wil weet hoe lank dit moet wees.

Asof dit nie genoeg is nie, is die S61 ook die eerste slimfoon wat bepaal wat die luggehalte is.



Verwerker, stoorplek en battery

Op die ou end bly die S61 'n foon wat jy vir ander alledaagse dinge wil gebruik, soos oproepe, Whats­App, speletjies speel en flieks kyk op Showmax.

Nes die kamera is die Qualcomm Snapdragon 660-verwerker nie die beste op die mark nie, maar voldoen aan die vereistes.

Die S61 is nie die vinnigste slimfoon nie, maar die gewone gebruiker sal dit nie agterkom nie.

Gelukkig ook, want die foon is toegerus met 'n ruim 64 giga­grepe stoorspasie en die opsie om dit met 'n geheuekaart te ­vermeerder.

Benewens al die ander fantastiese funksies is die S61 se grootste troefkaart sy uitstekende battery wat letterlik dae lank hou.



Gevolgtrekking en prys

Dit is nie aldag dat so 'n indrukwekkende nuwe slimfoon soos die S61 op die mark kom nie.

Waar die meeste fone vandag fokus op 'n uitstekende kamera en verwerker, mik Cat na iets meer belangrik: funksionaliteit én duursaamheid.

Hoewel die termiese kamera dalk soos 'n foefie klink, kan baie mense werklik in hul ­daaglikse doen en late daarby baat vind. Dieselfde geld die luggehalte­sensor en die afstandmeter.

Teen R15 999 is die foon betreklik duur, maar Cat waarborg dat jou skerm 'n leeftyd sal hou en sal dit gratis vervang sou dit wel breek.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%