Castro: Namibië verklaar drie dae van rou
In solidariteit met Kuba het Namibië drie dae van rou ter herinnering van wyle Fidel Castro verklaar.
Só het pres. Hage Geingob gister in Havana gesê.
Geingob het ‘n toespraak tydens die gedenkdiens vir Castro op Rewolusieplein in die Kubaanse hoofstad gelewer.
“Ons het ons vyande vergewe, maar ons sal nooit ons vriende vergeet nie. Die mense van Kuba is ons vriende. Fidel is ons vriend. Nou en vir altyd,” het Geingob gesê.
Geingob is deur onder andere stigterspresident Sam Nujoma en oudpresident Hifikepunye Pohamba vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie