Capitec is Suid-Afrika se gewildste bank
Capitec het ook nou meer kliënte as FNB en Nedbank en is die derde grootste kleinhandelbank in Suid-Afrika, volgens die navorsingsgroep Nielsen se nuutste jaarlikse bankdienstepeiling.
“Dit is 'n bewys van die sukses van ons visie en waardes: Om ons koste laag te hou, kliënte die vryheid te gee om per transaksie te betaal en om die hoogste rentekoers van 5,35% op 'n positiewe bankbalans te bied,” sê Charl Nel, kommunikasiehoof van Capitec Bank.
Volgens die maatskappy maak meer as 120 000 nuwe kliënte elke maand 'n rekening oop en betaal die meerderheid, meer as 5,5 miljoen mense, minder as R50 per maand aan bankkoste.
Die Nielsen-peiling toon dat drie uit tien (29%) kliënte Capitec as hul primêre bank aandui – 11 persentasiepunte meer as FNB se 18%.
Sowat 17% het Absa aangedui as hul primêre bank, gevolg deur Standard Bank met 15% en Nedbank met 10%.
Die Nielsen-data is gegrond op antwoorde van 2 328 kliënte.
“Capitec is ook die mees bekostigbare bank in Suid-Afrika,” sê Nel.
Hy verwys na Solidariteit se bankkosteverslag wat in Julie 2016 uitgereik is, en sê Capitec is aangewys as die bekostigbaarste bank gegrond op die behoeftes van die meeste Suid-Afrikaners. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie