Cantare Audire: Boodskappers van vrede
Cantare Audire: Boodskappers van vrede

Cantare Audire: Boodskappers van vrede

Jacqueline Louw
“As musiek die kos van liefde is, speel voort.”
Dié woorde van Shakespeare sal deur die Paastydperk verwesenlik word wanneer die Cantare Audire-koor die fees van hoop en liefde vier op die enigste manier wat hulle ken – deur sang!
Na vele jare van swye het die koor weer onder leiding van Ernst van Biljon byeengekom en bied twee konserte vanaf 19:30 op 9 en 10 April in die NG Moederkerk in Lüderitzstraat (oorkant die ou Staatshuis), Windhoek, aan. Die konserte word aangebied ter ere van Pase en as danksegging vir die hoop wat dit bring.
Die program is getiteld Mozart and More en is deels opgedra aan Wolfgang Amadeus Mozart. Komponiste Ernani Aguiar, J.S. Bach, Dmitri Bortniansky, Anton Bruckner, Pablo Casals and György Deák-Bárdoš se werke sal ook gehoor word.
Die koor sing meestal a capella, maar in die begeleide werke speel deur Ebbie Becker die orrel. Soliste Hermien Coetzee (sopraan), Bernard Siepker (bas) en Trauda Greeff (sopraan) sal ook tydens die konsert optree.
Cantare Audire (dit beteken “om te sing en te luister”) het vir die eerste keer in 1972 in Windhoek by ’n Adventskonsert in die NG Moederkerk opgetree. Die koor het sedertdien ’n huishoudelike naam in Namibië geword en na hul eerste toer in die buiteland, ’n uitstaande kulturele uitvoerproduk.
In 2010 het Cantare Audire en ander sangers van Namibië onder die naam Voices of Namibia aan die Wêreldkoorspele in China deelgeneem en was die eerste Namibiese koor wat ’n goue en twee silwer diplomas verower het.
Toegang vir die konserte is gratis, maar skenkings vir die koorfonds sal ingesamel word. Vir meer inligting skakel Ernst van Biljon by 081 129 1311.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!