Cannes-fliekfees met 2 maande uitgestel
Cannes-fliekfees met 2 maande uitgestel
01 February 2021 | Kuns en vermaak
Die Cannes-rolprentfees word vanjaar twee maande later aangebied weens die coronaviruspandemie. Waar die fees gewoonlik in Mei in dié Franse kusstad plaasvind, is dit nou tot 6 - 17 Julie uitgestel.
“Soos verlede herfs aangekondig is, behou die fees die reg voor om sy datums te verander namate die gesondheidskrisis in die wêreld ontwikkel,” het die bestuur in ’n verklaring gesê.
Die fees is verlede jaar gekanselleer, terwyl ander Europese feeste, soos die Berlynse en Venesiese rolprentfees waarmee Cannes meeding, onder streng gesondheidsvoorskrifte voortgegaan het.
Die Berlynse rolprentfees word vanjaar in twee fases aangebied: ’n aanlyn program vir rolprentlui in Maart, en ’n geleentheid vir die publiek in Junie. Die fees word gewoonlik in Februarie aangebied.
Die Cannes-rolprentfees lok sowat 45 000 amptelike besoekers, waarvan ongeveer 4 500 joernaliste is.
Dit is buiten verlede jaar nog net een keer gekanselleer toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 uitgebreek het.
Die rolprentmark, wat saam met die hoofkompetisie aangebied word, is die internasionale rolprentbedryf se grootste mark waar vervaardigers, verspreiders, kopers en programsamestellers byeenkom. - Netwerk24

Soortgelyk
Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021
5 ure gelede | Gesondheid
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
6 ure gelede | Gesondheid
80 nuwe gevalle, twee sterftes
8 ure gelede | Gesondheid
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
9 ure gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
12 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
12 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
12 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
15 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
23 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies