Calle vies oor afgradering
Namibië is nou beter daaraan toe as in Desember toe die kredietsgraderingsmaatskappy, Moody’s, sy laaste gradering van die Namibiese ekonomie gedoen het.
Om hierdie rede stem Namibië nie met die afgradering na rommelstatus saam nie, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, vanoggend op ‘n nuuskonferensie in Windhoek gesê.
Hy sê die staat se salarisrekening is presies dieselfde as wat dit in Desember was en dat dit gevolglik geen invloed op die gradering moes gehad het nie.
Hy het ook gesê ‘n hersiening van staatsondernemings wat veronderstel is om ‘n inkomste vir die staat te genereer, maar jaar na jaar verwag dat die regering ‘n reddingsboei na hulle gooi, onderweg is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie