Calle kap Moody’s oor afgradering
Gister se besluit deur Moody’s om Namibië se langtermyn kredietstatus vanaf Baa3 na Ba1 af te gradeer, is heftig deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gekritiseer.
Volgens hom verdien die land nie hierdie rommelstatus nie.
Moody’s se hoofredes vir die besluit is die erosie van fiskale krag, die regering se groot skuldlas (42% van BBP) en ‘n verwagte toename in likiditeitsprobleme. Die agentskap sê verdere afgraderings is moontlik indien die land nie sy geldsake gou regruk nie.
Schlettwein sê binnelandse ekonomiese toestande regverdig nie ‘n afgradering nie.
Hy voer aan die verlaging in graderings is hoofsaaklik te weeg gebring deur miljarde dollar se uitstaande skuld aan diensverskaffers en Moody’s se bekommernis hoe die regering hierdie rekeninge gaan betaal. President Hage Geingob en Schlettwein het onlangs beloof dat alle skuld teen die einde van Augustus gedelg sal word.
Volgens Schlettwein het die regering talle stappe geneem om Moody’s se vorige verslag in Desember 2016 aan te spreek. Na sy mening moes Moody’s eerder toestande in diepte ondersoek het as om in hul kantore lessenaarsomme te doen.
Die minister het ook benadruk dat die begroting binnekort opnuut hersien sal word.
Die staat se groot salarisrekening – een van die grootste in Afrika en in baie middelinkomstelande – word ook deur Moody’s as ‘n bron van kommer uitgesonder. Ander faktore behels verwagte tekorte in inkomste uit Sacu se doeanepoel en moontlike oorbesteding weens die Swapo-kongres en 2019 se verkiesings. Laasgenoemde is volgens Schlettwein bog.
Die minister sê die verbetering in buitelandse reserwes en die vermindering van die begrotingstekort is heeltemal geïgnoreer.
Ander graderings is as volg afwaarts aangepas: langtermyn skuldeffekte en bankdepositoplafonne van A1 na A2, langtermyn bankdeposito’s in buitelandse valuta van Baa3 na Ba2 en langtermyn effekte in buitelandse geld van A3 na Baa2.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie