Calle fyn dopgehou

07 March 2018 | Menings
Teen gister het talle ekonome min vuurwerke in vandag se begrotingsrede deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, verwag.

Dieselfde trant as tydens verlede jaar se hoof- en hersiende begroting word voorspel.

Hoewel verskeie bedrywe kla dat hul reeds oorbelas word, is die kans waarskynlik skraal dat noemenswaardige nuwe belastings in heersende toestande ingestel sal word. Die negatiewe gevolge kan veel meer kos as die bykomende geld wat in die staatskas inrol – ‘n staatskas wat reeds onder groot druk is.

Om die belastingbasis te verbreed, byvoorbeeld na klein en medium ondernemings (SME’s), gaan ook nie sommer in broekskeurtye gebeur nie.

In ‘n resessie is daar altoos min beweegruimte en mnr. Schlettwein is reeds geruime tyd aangewese op die mes eerder as ‘n oop hand om die ekonomie te stimuleer. Selfs ruimte om verder te bespaar, raak uiters beperk.

Tog het die meerderheid lesers in Republikein se meningspeiling van die afgelope week aangedui hulle sien steeds baie onnodige uitgawes wat ingeperk kan word. Belastingverligting en meer geld vir onderwys en gesondheid was derde en vierde op Jan en San Alleman se wenslysie.

Een boodskap wat baie inwoners graag van mnr. Schlettwein sal wil hoor, is hoeveel bykomende geld hy bereid is om van die weermag na maatskaplike portefeuljes te skuif. Maar Namibiërs het gewoond geraak wynig gebeur ooit in die verband.

Wie weet, dalk het mnr. Schlettwein tog ‘n paar verrassings in sy mou. . .

So sê ander

6 Maart 2018

Demagogues Win as Europe’s Populist Tide Sweeps Italy

The Italian elections on Sunday were the latest powerful wave in a tidal turn of anti-immigrant, anti-European Union and antidemocratic fervor that has ravaged European politics.

The lack of an outright winner or obvious coalition promises a long and wobbly slog before a government, most likely unstable, takes shape.

Whatever government emerges will have a tough time satisfying voters’ expectations while coping with Italy’s real economic problems.

Italy now poses a major challenge to the European project, already badly battered by the Brexit vote in Britain and the illiberal drift of Poland, Hungary and other East and Central European countries.

That promise of instability and uncertainty is no doubt being celebrated in the Kremlin.

• THE NEW YORK TIMES

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

1 dag gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

1 dag gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

1 dag gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

1 dag gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

1 dag gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...