Byna twee miljoen vir Nyae Nyae

Bestaande pogings versterk

20 June 2019 | Omgewing
Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) het onlangs meer as N$1,9 miljoen aan die Nyae Nyae-bewaringsgebied beskikbaar gestel vir brandbeheer en die bestuur van waterbronne.

Die projek is een van 19 projekte om klimaatsverandering te bestry, wat onlangs skenkings van N$85 miljoen van Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds ontvang het.

Die skenkings is deur die Verenigde Nasies se Groen Klimaatsfonds (GCF) gerugsteun.

Die skenkings moet help om gemeenskappe se gehardheid teen klimaatsverandering deur middel van gemeenskapsgebaseerde hulpbronnebestuur te verbeter.

In ‘n verklaring wat deur die Nyae Nyae-bewaringsgebied uitgereik is, word gesê die skenking sal help om die gebied, wat in die Otjozondjupastreek geleë is, se inwoners en hul voortbestaan te beskerm.

“Die EIF-skenking bied steun aan die San-gemeenskap om maatreëls teen klimaatsverandering in te stel.

“Nyae Nyae het reeds bewys hul benadering tot brandbeheer is doeltreffend en voedselsekuriteit het die afgelope jare drasties verbeter. Die skenking sal help om dit verder te ontwikkel,” lui die verklaring.

Die Nyae Nyae-gebied se San-gemeenskap sê hulle het opgemerk jaarliks brand ‘n al groter deel van die bewaringsgebied af.

“Indien die neiging nie aangespreek word nie, sal die impak van onbeheerde brande op die gemeenskap en die diere- en plantlewe verwoestend wees.

“‘n Gebrek aan reën en water is nog ‘n saak wat oor die lang termyn gepak moet word, en oplossings moet geskep en toegepas word,” sê die verklaring.

Sedert 2014 het die Nyae Nyae-gemeenskap as ‘n geregistreerde gemeenskapswoud van tradisionele brandbeheermetodes gebruik begin maak.

Dit sluit in dat brande in die wintermaande rondom nedersettings en belangrike hulpbronne gestig word, wanneer die risiko vir onbeheerde brande die laagste is.

Brande word ook met behulp van satelliete fyn dopgehou.

“Die San-gemeenskap pas aktief by klimaatsverandering aan. Hulle besef en demonstreer dit is nou tyd om hul omgewing te bewaar en verantwoordelikheid vir hul toekoms te aanvaar. Namibië is ‘n droë land, tog het sy mense daarin geslaag om vir duisende jare te oorleef en te floreer,” lui die verklaring.

Namibië is besig om stappe te doen en maatreëls in te stel om klimaatsverandering te bestry.

Dit is ‘n land van uiterstes, en droogtes en hittegolwe het ‘n ernstige impak op die voortbestaan van die land, sy mense, en sy landbou.

Xoan/’an /Ai!ae, voorsitter van die Nyae Nyae-bewaringsgebied, het sy dankbaarheid vir die EIF-skenking uitgespreek en gesê dit beteken baie vir die gemeenskap en die bewaringsgebied.

“Dit is ook simbolies van Harambee, want dit wys wanneer ons as ‘n volk saamstaan en ons hulpbronne bymekaar sit om ‘n spesifieke groep te help, help ons eintlik alle Namibiërs,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Vermeende gemsbokstroper gewond

6 sekondes gelede | Misdaad

'n Vermeende gemsbokstroper is Donderdag op 'n plaas in die Omaruru-distrik in die been gewond. Volgens die Namibiese polisie is 'n 49-jarige man omstreeks 17:00...

Kolonel, onderwyser vas oor wild

56 minute gelede | Misdaad

'n Weermagkolonel (51) van die Otavi-weermagbasis en 'n onderwyser is vanoggend omstreeks 01:00 met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok by...

Leerlingdokters, -tandartse by staatshospitale uitgeplaas

1 uur gelede | Gesondheid

’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale dwarsoor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin. Die leerlingdokters sal...

Hof: Minister skuldig aan korrupsie

16 ure gelede | Howe

In 'n geskiedkundige eerste vir Namibië is me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind...

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

16 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

16 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

16 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...