Byna N$30 miljoen se eise in 4 maande
Byna N$30 miljoen se eise in 4 maande

Byna N$30 miljoen se eise in 4 maande

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



In net vier maande is byna N$30 miljoen in skadevergoedingseise teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) ingedien.

Die eise, waarvan die oorgrote meerderheid betrekking op mediese nalatigheid het, is slegs dié wat van Februarie tot Mei vanjaar in die Windhoekse hoërhof gedien het, en waaroor Republikein berig het.

Geen aanduiding kon in die jongste begroting onder die ministerie se pos verkry word dat vir hofeise voorsiening gemaak is nie.

In die jongste geval eis me. Sharon Shallwyn So-Oabes van die Greenwell Matongo-nedersetting in Windhoek N$6,5 miljoen ná die stilgeboorte van haar baba in die Windhoek Sentrale Hospitaal.

So-Oabes is op 13 Desember 2015 met “­ondraaglike pyn” wat met haar swanger­skap verband gehou het, in die hospitaal se kraamafdeling opgeneem. Volgens hofstukke is sy vir die “noukeurige monitor” van haar swanger­skap en ongebore seuntjie 10:15 opgeneem. Meer as tien ure later, om 20:50, het sy 'n noodkeisersnee ondergaan, wat te laat was om die lewe van haar kind te red.

Volgens So-Oabes was daar nooit voortgesette monitering van die baba nie en is geen bloedtoetse uitgevoer om 'n bloedtelling gereed te hê sou 'n keisers­nee nodig wees nie.

Haar ondraaglike abdominale en buikpyn het volgens hofstukke daartoe gelei dat So-Oabes se baarmoeder geskeur het. Benewens dat haar baba se hartklop teen 18:58 op 94 gestaan het, wat te laag was en daarop gedui het dat die baba nie suurstof kry nie, sê So-Oabes is “niks daaraan gedoen nie”.

Onmiddellik voor en kort ná die geboorte van haar baba en as gevolg van die uitgerekte kraamproses, is die baba volgens hofstukke buite die baarmoeder gebore, het versmoor en ook ernstige breinskade opgedoen. Die babaseuntjie is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel en is op 16 Desember in die hospitaal dood.

Die respondente in die saak, onder wie die superintendent van die Sentrale Hospitaal, dr. Sarah Shalongo, vra dat die saak van die rol geskrap word omdat die dagvaarding verjaar het.

Vroeër moes vier vroue die ministerie weer voor die hof daag om hul eise van N$250 000 elk uit te betaal. Hul eise het gevolg op hul sterilisasie in staatshopitale sonder hul toestemming. Die ministerie het in Februarie verlede jaar ingestem om die N$250 000 aan elk uit te betaal.

In Maart vanjaar het regter Shafimana Ueitele in nog 'n saak van mediese nalatigheid en waarin skadevergoeding van N$400 000 toegestaan is, gesê dit is 'n goeie voorbeeld van die grondwetlike krisis wanneer hofbevele nie deur staatsinstellings gehoorsaam word nie. Hy het gevolglik 'n beroep op die ministerie van finansies gedoen om maniere te ondersoek hoe die staat verpligting wat voortspruit uit hofbevele, uit bronne buiten ministeries se bedryfsbegrotings gefinansier kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!