Byna 1 000 Batswana wil terugkeer

Kapofi vol vertroue

09 March 2018 | Ministeries
Estelle de Bruyn - Die minister van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Frans Kapofi, het onlangs 'n beroep op alle gerepatrieerde Namibiërs uit Botswana gedoen om vir nasionale dokumente aansoek te doen.

Kapofi het in die Nasionale Vergadering (NV) op vrae van mnr. Asser Mbai van Nudo in dié verband gereageer.

Mbai het hulde gebring aan die vorige minister van binnelandse sake en immigrasie, me. ­Pendukeni Iivula-­Ithana, en Botswana se hoëkommissariaat in Windhoek vir die werk wat hulle gedoen het om die terug­keer van mense van ­Namibiese oorsprong uit Botswana te fasiliteer en hulle van nasionale dokumente te voorsien.

Kapofi het verduidelik 'n spesiale wet vir die toekenning van burgerskap is 'n jaar ná onafhanklikwording in 1991 aanvaar.

Dié wet maak voorsiening vir die nasate van mense wat Namibië tydens die Duitse koloniale bewind weens vervolging verlaat het, maar sou net vir vyf jaar van krag wees.

“Om verskeie redes was nie alle Namibiërs uit Botswana in staat om burgerskap tussen 1991 en 1996 te kry nie. Een van die hoofredes was dat wetgewing in Botswana bepaal niemand jonger as 21 jaar mag hul Batswana-nasionaliteit afsweer nie. Dit het beteken mense moes wag tot hulle 21 jaar oud geword het voor hulle aansoek om Namibiese burgerskap kon doen - al het hulle vroeër reeds saam met hul ouers na Namibië teruggekeer,” het Kapofi verduidelik.

Nadat die voormalige Swapo-agterbanker, mnr. Kazenambo ­Kazenambo, 'n paar jaar gelede in die NV die regering voor stok gekry het omdat geen voorsiening vir die verkryging van nasionale dokumente deur hierdie mense gemaak is nie, is die tweede wet op die spesiale toekenning van Namibiese burgerskap in 2015 aanvaar. Hierdie wet is vir 10 jaar van krag.

Kapofi sê kort nadat die wet aanvaar is, het die ministerie met 'n mobiele registrasieproses begin wat van 17 tot 21 Augustus 2015 in die Gam- en die Eiseb-blok-nedersetting in die Otjozondjupa- en Omahekestreek geduur het.

Dít om die agterstand in te haal wat tussen 1996 en 2015 ontstaan het.

'n Opvolg-registrasieveldtog is van 15 tot 21 November 2015 by Tsumkwe en die Gam-nedersetting asook in die Eiseb-blok van stapel gestuur om nasionale dokumente, insluitende geboortesertifikate, burgerskapsertifikate en identiteits­dokumente uit te reik.

Bykomende dienste soos die registrasie van geboortes, aansoeke vir duplikate van geboortesertifikate, veranderinge aan geboorterekords en duplikate van identiteitsdokumente is ook aangebied.

Met hierdie twee veldtogte is burgerskap aan 356 mense toegeken.

Teen die einde van verlede jaar het die ministerie 'n versoek ontvang vir nóg 'n mobiele registrasieproses in Gam en die Eiseb-blok. Daar was 21 aansoeke om burger­skap, 20 aansoeke om die afsweer van Botswana-burgerskap en nege aansoeke om identiteits­dokumente.

Vanweë finansiële en tydsbeperkinge was die ministerie nie in staat om dit te doen nie. Kapofi is egter vol vertroue dat die ministerie dit vanjaar sal regkry.

Hy het ook sy dank betuig aan die hoëkommissariaat van Botswana in Namibië, die goewerneurs, streeksraadslede en tradisionele leiers in die Omaheke- en Otjozondjupastreek waar­sonder die mobiele regis­trasieproses nie sou slaag nie.

Volgens Kapofi het byna 'n 1 000 Batswana van Namibiese oorsprong teen September 2017 aansoek vir die volgende ronde repatriasie na Namibië gedoen.

Hy wys egter daarop dat logistieke probleme en begrotingsbeperkings dit bemoeilik.

“Die repatriasieproses het vele fasette soos die voorsiening van water, weiding, grond vir hervestiging, kwarantyn en immunisering van lewende hawe, die plasing van kinders in skole en toegang tot gesondheidsdienste. Die regering het 'n interministeriële komitee onder voorsitterskap van die ­ministerie van grondhervorming aangestel om die verwagte repatriasie met sukses af te handel.

“Die ministerie van binne­landse sake en immigrasie speel gewoonlik aan die einde van die repatriasieproses 'n rol. Dit behels hoofsaaklik om nasionale dokumente ná hul aankoms in Namibië uit te reik,” het Kapofi gesê.

Soortgelyk

 

Moord-selfmoord ruk Oshakati

10 ure gelede | Misdaad

‘n Moorddossier is op Oshakati geopen nadat ‘n man na bewering eers sy vrou en toe daarna homself in die Ehenye-nedersetting op die dorp geskiet...

Vier sterf in grubotsing

11 ure gelede | Ongelukke

Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao....

Resessie klou verbete

21 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

21 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

21 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

21 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

21 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...