Bye se rol in voedselsekuriteit weergaloos
Bye se rol in voedselsekuriteit weergaloos

Bye se rol in voedselsekuriteit weergaloos

Ondersteun 87% van gewasse
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Sondag is Wêreldbyedag (WBD) gevier om erkenning te gee aan die belangrike en onvervangbare rol van bye en ander bestuiwers in volhoubare voedselproduksie.

'n Mens kan nie anders nie as om verstom te staan oor die enorme bydrae wat dié insekte lewer in terme van volhoubare voedselsekuriteit.

In 'n onlangse publikasie van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) word verstommende feite ­bespreek.

Drie uit vier gewasse oor die wêreld wat vrugte en saad vir menslike verbruik produseer, is ten minste ten dele afhanklik van bestuiwers soos bye. Verhoogde bestuiwerdigt­heid bevorder ­gevolglik oeste aangesien bestuiwers tot 35% van die wêreld se landbougrond beïnvloed en nagenoeg 87% van die belangrikste gewasse ondersteun.



VOORTBESTAAN BEDREIG

Voedsel wat afhanklik is van bestuiwing dra verder by tot gesonde diëte en voeding, maar bestuiwers se voortbestaan word bedreig as gevolg van tegnologie soos ­chemiese plant- en insekbeheer. ­Laasgenoemde is ook noodsaaklik vir volhoubare voedselproduksie – dus 'n duidelike stryd. Deur volhoubaarheid ook te grond op groter diversiteit in terme van grondbenutting en ekologies vriendeliker produksie, kan daar beter balans kom vir die beskerming van veral bye.

Hulle is die bekendste bestuiwers en daar is wêreldwyd nagenoeg 20 000 spesies.

Bestuiwers, wat meer as net bye behels, is ­onontbeerlik vir die ­produksie van tot 75% van alle gewasse en vrugte vir volhoubare kwaliteit en kwantiteit. Dit sluit in vrugte, neute, sade en eetbare olies.

Die meeste bestuiwers is dierlik van oorsprong – bye, voëls, ape, bobbejane, ensovoorts is almal deel van dié familie.

Waar die bestuiwingsdiens grootliks gratis ­beskikbaar was, het grootskaalse landbou­praktyke noodsaaklike veranderings gebring.

Landerye, boorde, enso­voorts word groter ten einde ekonomie van skaal te benut, maar daarmee saam styg die werklas van bestuiwers. Kommersiële bestuiwers soos nomadiese byeboere wat letterlik trek van die een gewas/ boord tot die ander, het praktyk geword.

Daar is bewyse hoe die uitwissing van bye as gevolg van siektes en chemiese stowwe gelei het tot laer produksie omdat bestuiwing ­onvoldoende was. Byeboere is dus welkome besoekers onder sulke omstandighede.

Na raming is gewasse wat afhanklik is van bestuiwing tot vyf maal meer werd as dié wat nie van bestuiwing ­afhanklik is nie. Hierdie gewasse se waarde word deur die FAO geraam as tussen US$235 en US$577 miljard per jaar.

Die volume landbou­produkte wat afhanklik is van bestuiwing het die ­afgelope 50 jaar met 300% toegeneem.

Baie van die gewasse wat deur middel van bestuiwing geproduseer word, soos byvoorbeeld koffie en kakao, lewer 'n betekenisvolle bydrae tot kleinboerontwikkeling. Sonder bestuiwing sal daar nie 'n inkomste uit hierdie gewasse wees nie.



'n Mens lees gewoonlik net van die suksesverhale van gemeen­skappe wat bevoordeel word, sonder dat die bydrae van ­bestuiwers erkenning kry.

Bye kan in 'n sekere opsigte beskou word as “lewende hawe”, want behalwe vir hulle werk as bestuiwers, produseer bye ook heuning wat as onafhanklike produk verdere monetêre waarde het. In Kenia het navorsing getoon hoe beter ekologie bydrae tot verhoogde opbrengste van tot 25% omdat die ­omstandighede vir bestuiwing deur bye meer ­optimaal gemaak is.

As sodanig kan bye en ander ­bestuiwers beslis bydra tot ­voedselsekuriteit en sonder dat dit enigsins koste-implikasies het. Stedelinge besef ook al hoe meer die waarde van bye en daar is toenemende belangstelling in stede vir byeboerdery.



BYEBOERE

Volgens die FAO neem die aantal byeboerderye in stede oor die wêreld jaarliks toe met meer as 200%. In Slovenië is daar 'n stad met 'n spesifieke gebied vir daardie doel wat al ouer is as 100 jaar.

Na wat berig word is die heuning van bye in stede van baie hoë gehalte. Stedelike byeboere kyk ook oor die algemeen baie goed na hulle bye.

As natuurlike versoeter het heuning geen gelyke nie en die helende waarde van die produk word tegnies in ons tyd herontdek. Die rakleeftyd van heuning onder normale omstandighede is lank genoeg om die voordele van die produk selfs tussen jare te rek.

Die heuningby soos ons dit ken, verdien dus meer respek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.37/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.26% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 898.45/OZ DOWN -0.0041