Buurland se PnP keelvol vir plastiek
William Horne – Vir twee weke gaan Pick n Pay elke dag 20 000 herbruikbare winkelsakke aan sy klante in Suid-Afrika verskaf as deel van sy veldtog om plastiekbesoedeling hok te slaan.
Die winkelreus het Dinsdag aangekondig dat enige klant wat meer as R50 by een van sy winkels bestee die kans staan om ’n gratis hoëgehaltesak wat uit 100% herwinde materiaal gemaak is te ontvang om verbruikers minder afhanklik van plastiek te maak.
Die veldtog sal van 8 tot 22 April duur, maar verbruikers wat Smart Shopper-kaarte gebruik en kommunikasie van Pick n Pay af ontvang, sal die veldtog verder kan steun. Volgens Pick n Pay sal dié klante per e-pos ’n verslag ontvang wat wys hoe gereeld hulle plastieksakke gekoop het, hoeveel hulle daaraan spandeer het, dit op ’n maandgrondslag vergelyk en dan ’n berekening gee van hoeveel herbruikbare sakke met dié geld aangeskaf kon word.
Paula Disberry, kleinhandelsbestuurder van kommersiële sake en bemarking sê Dinsdag in ’n verklaring dat sy verstaan dat plastieksakke die gerieflikste opsie bly en wel ietwat herbruikbaar is, maar dat die jongste veldtog die omgewingsvriendelike keuse deur middel van bewustheid én bekostigbaarheid wil takel.
“In Februarie het ons ’n R5-herbruikbare sak van stapel gestuur en die reaksie was sover oorweldigend. Dit dui op die groot behoefte aan meer bekostigbare herbruikbare sak-opsies,” sê Disberry.
“Met die weggee van 20 000 sakke elke dag vir 15 dae, hoop ons om die metode én motivering wat ons kliënte nodig het te gee om hulle te laat oorweeg om hul inkopiesakgewoontes te verander.”
In die afgelope jaar het 21% meer van Pick n Pay se klante die besluit gemaak om herbruikbare sakke aan te skaf en minder plastieksakverkope is ’n nuwe tendens.
Disberry glo dat as inkopiegangers sien hoeveel plastiek hulle gebruik en as Pick n Pay terselfdertyd hul toegang tot volhoubare opsies verbeter, sal dié syfer merkwaardig begin verander. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie