Bultfontein-boere kan weer plant ná skenking

‘Geldelike en humanitêre krisis’

14 December 2018 | Landbou
Alet van der Walt – “Ek leef al 24 jaar tussen die boere en ek kan die verslaentheid en vrees in hul oë sien,” sê Riaan Potgieter, ’n verteenwoordiger van Pioneer Saad.

Die maatskappy het Woensdag sonneblomsaad ter waarde van R3 miljoen aan 25 boere geskenk sodat hulle vanjaar ’n oes in die grond kan sit.

Potgieter sê 99% van die boere wat in die moeilikheid is, is goeie boere wat “uit die boek uit boer”. Dit is nie weens hul eie toedoen dat hulle nou in die moeilikheid is nie.

Die boere se geldelike posisie is so benard dat hulle nie vir oeslenings kwalifiseer nie.

Vita Suid-Afrika, ’n kunsmismaatskappy, gaan rentevrye lenings aan die boere gee, terwyl DeKalb, ook ’n saadmaatskappy, lenings vir saad sal gee, maar sal dit afskryf indien die boere weer misoeste het.

Boere in die Bultfontein-distrik het in September ’n bewusmakingskomitee gestig omdat soveel van hulle in die gebied bankrot is.

Coenie Fourie van die komitee sê die boere doen nou ’n beroep op maatskappye om met brandstof te help omdat dit baie duur is om te plant.

Fourie sê die lot van Bultfontein se boere is net die oortjies van die seekoei. Die hele witmieliedriehoek se boere is in ’n geldelike verknorsing.

Boere van Theunissen, Hoopstad, Bothaville en Wesselsbron is net so diep in die moeilikheid. In sekere gebiede in Noordwes spook boere ook om kop bo water te hou.

Die droogte en ongunstige graanpryse het daartoe gelei dat boere nie hul skuld kan betaal nie.

Meer as 30 boere van Bultfontein wat aan FNB geld skuld, kan ook nou danksy ingryping van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) asem skep.

Die bank het Dinsdag met die TLU samesprekings gevoer en daar is ooreengekom dat geen boer se plaas voor Augustus 2019 opgeveil sal word nie.

Die TLU het ook ’n skenkingsrekening ingevolge artikel 18A van die Inkomstebelastingwet oopgemaak sodat instansies en individue wat geld wil bydra, belastingvoordeel daaruit kan trek.

Die TLU sê in ’n verklaring boere se geldelike posisie is ’n sensitiewe saak en dit is eers toe die krisis in Bultfontein danksy vergaderings bekend geword het dat die finansiële probleme in landbou na vore gekom het.

“Dit is ’n geldelike en humanitêre krisis,” sê Christo Snyman, lid van die bewusmakingskomitee.

Hy sê twee boere van Bultfontein is op pad na Australië, terwyl ander moontlik in Kanada en Nieu-Seeland werk gekry het.

Burre Burger, wat boere oor die land heen bystaan met droogtehulp, en die oud-Springbokafrigter Peter de Villiers, het die geleentheid bygewoon.

Hulle het Woensdag uit die Wes-Kaap gereis om die geleentheid by te woon.

De Villiers sê die boere kan nie net saad kry nie – geloof is ook belangrik.

Hy en Burger gaan Donderdag ’n biddag vir boere in Bultfontein bywoon. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Geingob en Lubowski kap mekaar

10 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê openbare beweringe deur die weduwee van mnr. Anton Lubowski is lasterlik.In ’n ope brief deur me. Gabrielle Lubowski...

Geen geld vir Kalahariwoestyn-slagoffer

10 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – ’n Vriend van wyle mnr. Fambauone Black (22), die Kalahariwoestyn-slagoffer, sê daar’s geen geld om sy oorskot na Zimbabwe terug te neem...

Vroue, vrede en veiligheid

10 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nasionale plan van aksie vir 2019 tot 2024 vir vroue, vrede en veiligheid is gister amptelik in Windhoek van stapel gestuur....

Weer vir 20 Junie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en matig tot warm, maar dit sal warm oor die Namib en die verre Noorde wees. Winderige toestand sal oor die binneland...

Polisiebaas besing Operasie Kalahari se lof

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Dis jammer ’n lid van die publiek het tydens die operasie gesterf, maar die veldtog duur voort.Só het die nasionale polisiebaas, lt.genl....

Geen politieke vergaderings by skole

10 ure gelede | Ministeries

Geen skool mag onder enige omstandighede vir politieke vergaderings en veldtogte of fondsinsamelings vir politieke gewin gebruik word nie. Ook mag leerlinge nie op skoolgronde...

Skoleveiligheidsveldtog

10 ure gelede | In beeld

TrenTyre Namibia, met die ondersteuning van Goodyear SA, het ’n skoleveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Volgens mnr. Henrico Du Plessis, TrenTyre Namibia se uitvoerende hoof, is...

Byna twee miljoen vir Nyae Nyae

10 ure gelede | Omgewing

Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) het onlangs meer as N$1,9 miljoen aan die Nyae Nyae-bewaringsgebied beskikbaar gestel vir brandbeheer en die bestuur van waterbronne. Die...

Lesersfoto's 20 Junie 2019

10 ure gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 20 Junie 2019