Bulpryse bult spiere in 2017

Agra gee oorsig van stoetveeveiling

13 March 2018 | Landbou
Die gemiddelde bulprys van N$41 473 wat in 2017 op Agra se stoetveeveilings behaal is, is die tweede hoogste sedert 1998. Slegs in 2012 is ‘n hoër gemiddeld van N$42 488 behaal.

Kopers was in 2017 bereid om ‘n premieprys vir goeie gehalte bulle te betaal, sê mnr. Kiep Lepen, agent vir Agra Stoetveedienste, in sy 2017-oorsigverslag.

Die aansienlik hoër speenkalfprys het daartoe bygedra dat kopers bereid was om ook meer vir teel- en kuddebulle te betaal. Hierdie verhoging in die beespryssiklus kon nie op ‘n gunstiger tyd gekom het nie en dit het finansiële verligting vir talle veeprodusente gebring.

Kopers was in 2017 bereid om vir goeie gehalte bulle N$40 000 en meer op Agra-veilings te betaal. Daarteenoor was die gemiddelde bulprys in 2016 N$31 786.

Die grafiek hiernaas toon die gemiddelde bulpryse oor die afgelope 20 jaar op Agra-stoetveilings.



Die duurste bul op ‘n Agra-veiling is verlede jaar vir N$210 000 verkoop, vergeleke met 2016 se duurste bul wat vir N$100 000 verkoop is. 2017 se duurste bul het uit die stalle van Hartebeestloop Bonsmaras gekom. ‘n Brahman-bul wat deur mnre. Günther Hellinghausen en Ryno van der Merwe geteel is, is ook verlede jaar op Agra se nasionale veiling vir N$190 000 van die hand gesit.

Gedurende 2017 het Agra Stoetveedienste ‘n totaal van twintig stoetveeveilings aangebied en 191 meer bulle as in 2016 verkoop. Dit was die meeste bulle wat per jaar sedert 2015 verkoop is. Die Gobabis Bonsmara-veiling, Hochfeld Gesamentlike Produksie-veiling, Boran Nasionale Veiling asook die Northern Select-veiling het almal 100% verkope opgelewer.

BULPRYSE PER RAS

Brahmantelers het die meeste bulle in 2017 op Agra-veilings verkoop (270 bulle) gevolg deur Bonsmara-telerss (112 bulle), Simmentaler-telers (82 bulle), Simbra-telers (46 bulle), Boran-telers (18 bulle) en Braunvieh-telers (10 bulle).

Gedurende 2017 het die 10 Braunvieh-bulle wat op Agra-veilings verkoop is, die hoogste gemiddelde prys van N$54 000 behaal. Daarteenoor is in 2016 tien (10) Braunvieh-bulle vir gemiddeld N$27 500 verkoop.

Altesaam 112 Bonsmara bulle is op Agra-veilings vir ‘n gemiddeld van N$48 464 in 2017 verkoop (in 2016 is 99 bulle vir gemiddeld N$35 171 verkoop), 1 Braford is vir N$48 000 (in 2016 is 1 bul vir N$24 000 verkoop) en twee Sussex-bulle is vir ‘n gemiddeld van N$ 44 000 (in 2016 is vier Sussex-bulle vir gemiddeld N$20 750 verkoop).

In 2017 is 18 Boranbulle vir gemiddeld van N$43 888 op Agra-veilings verkoop, (in 2016 is 5 bulle vir gemiddeld N$25 700 verkoop), 82 Simmentalerbulle is vir gemiddeld N$40 378 verkoop, (in 2016 is 48 Simmentalerbulle vir gemiddeld N$25 083 verkoop) en 9 Santa Gertrudis-bulle is teen ‘n gemiddeld van N$40 000 verkoop (in 2016 is een bul vir N$30 000 verkoop).

Altesaam 270 Brahmanbulle is in 2017 vir gemiddeld N$39 624 op Agra-veilings verkoop, (in 2016 is 153 bulle vir gemiddeld N$31 594 verkoop), 3 Charolaisbulle is vir gemiddeld N$36 666 verkoop (in 2016 is drie bulle vir gemiddeld N$26 000 verkoop) en 46 Simbra-bulle is vir ‘n gemiddeld van N$35 5100 verkoop (in 2016 is 39 bulle vir gemiddeld N$33 333 verkoop).

Een van die mees gesogste prestasies in stoetveekringe is om die hoogste gemiddelde prys vir bulle op ‘n enkele veiling te verdien. Mnr. Len de Jager het vier bulle op die Paresisveiling vir ‘n gemiddeld van N$78 250 verkoop. Eweneens het dr. Joggie Briedenhann 32 bulle teen ‘n gemiddeld van N$70 875 verkoop.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

14 ure gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

14 ure gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

23 ure gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

23 ure gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

23 ure gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...