Bulletin met onderwysposte uitgereik
Bulletin met onderwysposte uitgereik

Bulletin met onderwysposte uitgereik

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se bulletin met vakante onderwysposte vir 2019 is vanaf vandag in verskeie koerante en op digitale platforms beskikbaar.

Dit sal op die volgende datums in die onderskeie koerante verskyn: 3 September (New Era), 4 September (Allgemeine Zeitung), 5 September (Namibian Sun), 6 September (Informanté) en 7 September (Republikein).

’n Totaal van 2 112 vakante poste word geadverteer waarvan 66 dié vir skoolhoofde, 195 vir departementshoofde en 1 851 vir onderwysers is. Die poste is deur die ministerie as noodsaaklik geïdentifiseer en moet gevul word om te verseker die onderrigproses gaan voort. Poste vir skool- en departementshoofde wat tans vakant en reeds geadverteer is, verskyn nie in die bulletin nie.

Die aantal vakante poste vir aanstaande jaar het met 441 gedaal van die totaal van 2 292 wat in 2018 gevul is, teenoor die 1 851 vir 2019. Vakante poste vir departementshoofde is minder, van 198 tot 195, vir aanstaande jaar, terwyl 13 minder poste vir 2019 vir skoolhoofde beskikbaar is en wat van 79 tot 66 verminder het.

Volgens die ministerie is die kwessie van te veel of te min personeel oorweeg en bespreek, asook dié van onderwysers wat tans studeer en met ’n vyfjaarkontrak in diens van die ministerie is.

Die poste van tydelike onderwysers wie se dienskontrakte einde Desember vanjaar ten einde loop, is ook in die bulletin vervat.

Die sluitingsdatum vir aansoeke van onderwysers is 14 September, en dié vir skoolhoofde en departementshoofde 28 September.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!