Bulle kies sneltrein Rosko op vleuel teen Stormers

14 February 2019 | Sport
Cobus Claassen - Die Blitsbok Rosko Specman sal Saterdag op Loftus Versfeld sy Superrugby-debuut vir die Bulle teen die Stormers maak.

Pote Human, hoofbreier van die Bulle, het Specman, Warrick Gelant en Johnny Kotze as die agterste drie gekies.

Embrose Papier word op skrum­skakel verkies en Human het Hanro Liebenberg as die nr. 7-flank ingesluit.

Die ervare Springbok Schalk Brits het van sy kuitbesering herstel en is saam met Corniel Els die hakers in die Bulle se 23-tal.

Els, Simphiwe Matanzima, Eli Snyman en Dylan Sage sal hulle Superrugby-buiging maak, sou hulle wel Saterdag as plaasvervangers opgestuur word.

Bulle: Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (k), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. Reserwes: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Dylan Sage.

• As die Stormers se Ruhan Nel senuagtig is oor die vooruitsig om Saterdag die Bulle se middelveld-spiertier, Jesse Kriel, in die oë te kyk, steek hy dit verbasend goed agter 'n breë glimlag weg.

“Ek het op die Springbok-jaareindtoer teen Jesse geoefen. Hy's 'n baie talentvolle speler, wat sy taak werklik goed verstaan. Ek besef dit gaan taai wees. Jesse put baie trots uit sy werk,” sê Nel.

“Dis ons eerste Superrugby-wedstryd van die seisoen en ek maak my buiging teen die Springbok-buitesenter, so ja, dit gaan 'n goeie uitdaging wees.”

Vir Nel, 'n voormalige Blitsbok, gaan dit sy grootste uitdaging in vyftienmanrugby wees. Hy het die afgelope twee seisoene vir die Westelike Provinsie in Curriebeker-eindstryde gespeel, maar die standaard in die Superreeks is aansienlik hoër.

Dan weer het Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, al genoeg van Nel gesien om hom op 2018 se toer Noordelike Halfrond toe te neem.

Terwyl Nel se spiere nie soveel bult soos Kriel s'n nie, beteken dit allermins dat hy nie taai is nie. Inteendeel, soos ander Blitsbokke kan hy meer as sy man staan en oefen hy kliphard.

Nel meen dit kan hom baie baat om die Bok-binnesenter Damian de Allende aan sy binnekant te hê.

“Ek is baie opgewonde daaroor om saam met Damian te speel. Dis vir enige buitesenter 'n droom om die Bokke se binnesenter langs hom te hê. Sy ervaring gee my ook baie rustigheid. Ons het 'n paar wedstryde saam in die Curriebeker-reeks gespeel en mekaar ook 'n bietjie leer ken op die jaareindtoer,” sê Nel.

De Allende en Kriel is as die Bokke se voorkeur-senterpaar ook goeie maats, maar 80 minute se intense vyandskap is die onmiddellike vooruitsig.

Saterdag se derby het ook 'n bietjie meer van 'n angel danksy 2018 se Curriebeker-halfeindstryd tussen die WP en Blou Bulle op Nuweland. Die Bulle het byna vir 'n yslike opskudding gesorg, maar uiteindelik die knie voor die Streeptruie ná 'n strafdoel in bykomende tyd gebuig. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Regional council must account for vandalised buildings

12 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Hoogste vonnis vir 'seksuele roofdier'

12 ure gelede | Howe

Otis Finck – Die 68-jarige Dragan Vujicin moet 35 jaar agter tralies deurbring ná hy op vyf klagte van verkragting en vier van kinderhandel skuldig...

Die hoop beskaam nie

12 ure gelede | In beeld

Volgens 'n Suid-Afrikaanse weervoorspeller lyk dit of droër toestande in die laaste deel van Februarie, asook die eerste week in Maart vir Namibië voorlê. Maar,...

Gewasverbouing vertraag, onder druk

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Swak reënneerslae met die aanvang van die huidige reënseisoen het landswyd tot vertragings in gewasverbouing gelei. Terselfdertyd plaas ‘n tekort aan kunsmis...

Weer vir 18 Februarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde en verspreide donderbuie in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle.GETYE BY...

Leiers vereer Kooitjie

12 ure gelede |

Leandrea Louw - Die ontslape Topnaar-hoofman mnr. Seth Madawab Kooitjie is Saterdagmiddag op Soutrivier, sowat 125 km van Walvisbaai af begrawe. Kooitjie is op...

Nujoma: Rumpf was ’n beginselvaste man

12 ure gelede | Mense

Die voormalige ambassadeur in Duitsland en Swapo-aktivis, mnr. Hanno Rumpf, was ‘n beginselvaste man, het die stigterspresident Sam Nujoma gesê.Rumpf is op 8 Februarie oorlede...

Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reënvalpatrone

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – ‘n Sterk tropiese laagdrukstelsel, wat na verwagting van die naweek oor Mosambiek en die aangrensende Indiese Oseaan kan ontwikkel, sal waarskynlik reënvalpatrone...

Erfwet hersien

12 ure gelede | Ministeries

Jana-Mari Smith – Die ministerie van justisie het ingestem om veranderinge aan die wysigingswet op die administrasie van boedels aan te bring, wat tans in...