Bulle is op pad, maar . . .
Rugby
Andrew Poolman - 'n Vriendskaplike wedstryd teen die Blou Bulle in Windhoek op 22 September is vir die nasionale oefengroep vasgeknoop, hoewel 'n paar komplikasies nog deur administrateurs uitgeklaar moet word.
Namibië se onttrekking uit die Curriebeker eerste liga was 'n gevoelige slag vir die plaaslike rugbyspelers wat aan sterk provinsiale kompetisie blootgestel sou wees in die opbou na die 2019 Wêreldbeker in Japan, en die koms van die Pretoriaanse span is dus goeie nuus.
Mnr. Mervin Green, uitvoerende hoof van die Namibië Rugbymaatskappy, het gister aan die koerant bevestig dat die wedstryd vasgeknoop is.
“Ons het net nog moeilikheid met die venue, met die kragtoevoer van die Hage Geingob-stadion wat reeds vir bykans twee weke afgeskakel is. Dit lei daartoe dat ons nie die speelveld kon natlei nie en die veld het dus al begin agteruitgaan.
“Ons hoop nie dat nodig sal wees om 'n geskikte alternatiewe venue vir die wedstryd te soek nie.”
Beide die Hage Geingob- en Onafhanklikstadions se kragrekeninge is die verantwoordelikheid van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens.
• Uiters belangrike nasionale sewesproewe word môreoggend by die Hage Geingob-stadion gehou.
Namibië stuur 'n span om van 10 tot 17 Oktober in Tunisië in die kontinentale kampioenskap te gaan meeding, waar die geleentheid bestaan om vir volgende jaar se Hongkong Sewes te kwalifiseer. Laasgenoemde sal die uitduntoernooi wees vir lande om tot die HSBC Wêreldsewesreeks toegelaat te word.
Die proewe sou laas naweek plaasvind, maar is gekanselleer omdat nie betyds gehoor gegee is aan 'n voorskrif dat 'n verteenwoordiger van die Sportkommissie na alle nasionale proewe genooi moet word nie.
Voornemende spelers word versoek om reeds vandag voor 17:00 by die spanbestuurder, Ryno Visagie, by sel. 081 129 9212 aan te meld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie