‘Bulldozers’ trek vermeende ministerie-diewe vas
Ronelle Rademeyer - Drie mans, van wie twee werknemers van die ministerie van finansies is, sal vandag in die landdroshof in Katutura op 'n klag van diefstal verskyn nadat hulle Vrydag probeer het om kragopwekkers van dié ministerie onwettig te verkoop.
Die twee kragopwekkers ter waarde van N$500 000 is na bewering deur die mans van die noordelike nywerheidsgebied waar dit gestoor was, met ‘n vragmotor van die ministerie van finansies na Windhoek-Wes vervoer waar die transaksie sou plaasvind.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, bevelvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het gister aan Republikein gesê inligting wat tydens ‘n koverte operasie bekom is, is gebruik om vir die mans ‘n lokval te stel.
Die polisie se eenheid vir ernstige misdaad, ook bekend as die “Bulldozers”, was by die operasie betrokke. Hulle het die mans in ‘n lokval gelei met die hulp van ‘n “koper” wat N$300 000 vir die twee kragopwekkers sou betaal het.
Nghishidimbwa kon nie gister sê wat was die rol van die derde man wat ook vasgetrek is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie