Buitelandse toeriste en hul toergids aangeval
Die Namibiese polisie het Sondag vier mans in hegtenis geneem wat glo vyf toeriste met messe in die hoofstad aangeval en beroof het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die verdagtes (22, 24, 26 en 32) Sondag omstreeks 10:50 by Lovers Hill in Klein Windhoek drie Duitse en twee Switserse toeriste met messe aangeval en hul Namibiese toergids is in die kop gesteek.
"Die toergids is gelukkig in 'n stabiele toestand. Die toeriste is van drie kameras en 'n verkyker ter waarde van 6 690 euro beroof," lui die misdaadverslag.
Al die gesteelde items is teruggekry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie