Buiteland bou skole in Kunene
Tanja Bause - Verskeie liefdadigheidsorganisasies in die buiteland het ingespring en klaskamers en koshuise in die Kunenestreek gebou.
In 2016 het fly&help, Hilfe für Namibia EWF, TUI take off en Ciociola by die Laerskool Omuhonga sewe nuwe klaskamers, ’n koshuis vir 156 kinders, ’n ablusieblok, ’n kombuis met ’n groot eetkamer, asook akkommodasiegeriewe vir onderwysers gebou.
Tans is 'n biblioteek ook hier in aanbou.
Op Ovituambo het die New Horizon-skool verrys. Dit is na die Nederlandse organisasie vernoem wat die skool grootliks gefinansier het.
Hilfe für Namibia EWF het die res van die geld bygedra.
Dié skool bestaan uit vyf klaskamers, ’n stoorkamer, ’n klein kombuis en eetsaal, akkommodasiegeriewe vir die onderwysers asook ’n koshuis en ablusieblok vir 80 leerlinge. Die hele skool is ook omhein.
“Die skool is vir die Zemba-kinders gebou wie se families in die omgewing woon,” het me. Gisela Horn, voorsitter van Projekt Kaokoland e.V., gesê.
Projekt Kaokoland e.V. het oorspronklik al die projekte van stapel gestuur en dit ook gekoördineer.
Mnr. Wolfgang Fiedler van Hilfe für Namibia EWF het ’n volledig toegeruste koshuis vir 156 kinders aan Laerskool Epupa geskenk.
“Geen kind hoef meer op die vloer te slaap nie,” het hy gesê.
By dié geleentheid is akkommodasiegeriewe vir een onderwyser ook ingehuldig.
Fiedler het ook skoolboeke, kos en skryfbehoeftes aan die skool geskenk.
“Ons gaan nóg ’n kombuis, ablusieblokke en verblyfsgeriewe vir onderwysers by die skool oprig,” het hy in sy toespraak gesê.
In Omangete is nog drie klaskamers oorhandig.
Hier het fly&help, asook die Beheim- en Ciociola-families die konstruksie finansieel ondersteun.
Tans word ’n nuwe skool in Ombandaondu gebou en vier klaskamers in Otjomuru.
Beide dié projekte sal in Desember voltooi wees.
Laerskool Otjikojo het ook vier nuwe klaskamers ontvang, met mnr. Rainer Meutsch van fly&help en me. Mary Kay wat die konstruksie hiervan gefinansier het.
Die skool sal in die toekoms ook ’n koshuis, kombuis, eetkamer, akkommodasiegeriewe vir onderwysers asook ablusiegeriewe ontvang.
Volgende jaar wil die organisasies, sodra bogenoemde projekte voltooi is, ook twee klaskamers by die Omuhoro- mobiele skool bou. Daar word ook beplan om permanente klaskamers by die Ombaka- mobiele skool op te rig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie