Buchters woedend oor vervoer van mangaan

'n Suid-Afrikaanse maatskappy het weer in stryd met die bepalings van die omgewingsopruimingsertifikaat opgetree.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die vervoer van ontblote mangaanerts in oop TransNamib-houers in stormsterkwinde oor die naweek het inwoners van Lüderitz in oproer oor die regering se klaarblyklike onvermoë om teen omgewingsoortredings op te tree.

TradePort Namibia, ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat in Namibië geregistreer is, het ‘n ooreenkoms met TransNamib aangegaan om sedert die begin van Januarie sy mangaanerts per spoor van Ariamsvlei na die Lüderitz-hawe te vervoer.

Ooggetuies sê sowat 100 oop vraghouers met die mangaanerts het Saterdag deur die dorp beweeg - ‘n blatante oortreding van voorwaardes uitgestippel in die omgewingsopruimingsertifikaat (ECC) wat die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) uitgereik het.

Foto’s wys hoe die trein op die klein spoorlyn die dorp inbeweeg, die vraghouers afgelaai en op die suidelike punt van NamPort se geriewe op Shark-eiland opgestapel word.

Die ECC is in Februarie uitgereik. Dit nadat TradePort in Januarie vir die eerste keer die mangaanerts sonder die vereiste dokumentasie ingebring het. Geen optrede is egter teen die maatskappy geneem nie.

Die oortreding van die Omgewingsbestuurswet van 2007 is strafbaar met ‘n boete van nie meer as N$500 000 nie of tronkstraf vir nie langer nie as 25 jaar nie of beide.

Sommige van die ECC-voorwaardes wat in Februarie aan die maatskappy uitgereik is, bepaal dat die mangaanerts en alle ander materiaal wat vervoer word, “in ‘n stabiele vorm in ‘n houer en bedek op vragmotors moet wees.

Dit bepaal ook dat die mangaanerts by myne in Suid-Afrika gesif en met die gepaste voginhoud behandel moet word, asook “altyd bedek moet word om enige vrystelling van stof” al die pad tot in die hawe te vermy.

Die ECC-voorwaardes bepaal verder net materiaal wat ten volle in sakke of vraghouers bedek is, mag in ooreenstemming met vereistes van TransNamib en NamPort geberg word.

Die omgewingsaktivis mnr. Reginal Hercules, wat op Lüderitz woon, het oor die naweek aan die omgewingsminister, mnr. Pohamba Shifeta, geskryf en op antwoorde aangedring.

“Ek neem aan die streng vereistes soos vervat in die ECC is nie die papier werd waarop dit staan nie,” het hy gesê.

Volgens Hercules het die mangaanerts wat sedert Desember onwettig aan die buitewyke van die dorp sonder die nodige ECC gestort word, “groot hoeveelhede gevaarlike stof” in die dorp en landbouplase geskep.

“Dié onwettige aktiwiteit het natuurlik ‘n sterk reaksie van die gemeenskap tot gevolg gehad omdat mense bekommerd is oor besoedeling en gesondheidskwessies, en ook kwaad is oor die gebrek aan deursigtigheid deur TradePort en NamPort,” skryf Hercules in sy brief.

TradePort het intussen ‘n skuur opgerig waar sy mangaanerts gestoor gaan word, maar volgens Hercules is dit nog nie in gebruik nie. Hercules vra in sy skrywe of TransNamib en NamPort bewus is “en daarom aandadig” aan ECC-vereistes wat oënskynlik nie nagekom word nie.

“Wat is die nut van omgewingsvereistes as dit nie toegepas of deursigtig afgedwing word nie?"

Minister Shifeta kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie omdat hy tans in Switzerland is.

NamPort se woordvoerder, mnr. Tino Hanabeb, sê NamPort “ondersteun ten volle” die nakoming van ECC-vereistes.

“NamPort het van die aangeleentheid bewus geword tydens die trein en sy vrag se aankoms by die Lüderitz-hawe. Ons is ingelig dat daar aandag gegee word aan kwessies rakende die nakoming van ECC-vereistes. Dit sal nie weer gebeur nie. Seile en deksels vir alle houers op pad na Lüderitz en Ariamsvlei is verpligtend, ” het hy gesê.

Volgens NamPort is hy nie verantwoordelik vir regulasies wat verband hou met die vervoer van die mangaanerts nie, maar slegs vir die stoor daarvan in ‘n afgebakende gebied by NamPort-geriewe.

TransNamib het gesê hy sal in ‘n latere stadium kommentaar lewer.

In ‘n poging om TradePort vir kommentaar te nader, kon nóg die omgewingsministerie nóg die minister ‘n kontaknommer verskaf. Verdere navrae aan NamPort en TransNamib in die verband bly ook onbeantwoord.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.08/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.58% | Zinc US$ 2 802.40/T DOWN -0.66% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 936.56/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.08/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.58% | Zinc US$ 2 802.40/T DOWN -0.66% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 936.56/OZ DOWN -0.0037