Brouery skenk ruim vir padveiligheid

Die polisie sê die meeste motorongelukke word veroorsaak deur nalatigheid, hoë spoed, tieners agter die stuur en mense wat onder die invloed van alkohol en dwelms bestuur.
Namibia Breweries Limited (NBL), 'n filiaal van die Ohlthaver & List(O&L)-groep en lid van die Private Padveiligheidsforum (PRSF), het vanjaar padveiligheidsprojekte met N$335 000 geborg.

Dié skenking sal by padblokkades in die Khomas-, Erongo- en Otjozondjupastreek aangewend word.

NBL het N$125 000 aan Namibia Media Holdings (NMH) se 60 Dae Nasionale Padveiligheidsveldtog geskenk en die Namibiese polisie (Nampol) van blaastoetse ter waarde van N$150 000 voorsien.

Altesaam 300 kaste koeldrank ter waarde van N$50 000 is aan verkeersbeamptes geskenk, wat in die ­fees­seisoen by padblokkades aan diens is.

NBL het verder ook N$10 000 aan die West Coast Safety Initiative geskenk.



JARE LANGE VOORSTANDER

In 'n nuusverklaring wat verlede week uitgereik is, sê mnr. Francois Olivier van NBL die maatskappy is 'n jare lange voorstander van die verantwoordelike gebruik van alkohol, en 'n ondersteuner van die Don't Drink and Drive-veldtog, in die hoop op veiliger en ongelukvrye paaie in Namibië.

“Met die feesseisoen wat dikwels 'n piektyd vir motorongelukke en padsterftes op Namibië se paaie is, het NBL as lid van die Private Padveilig­heidsforum (PRSF) hul toewyding aan die nasionale padveiligheids­veldtog vir Desember 2018 opnuut bekragtig,” lui die verklaring.

“Ons verloor te veel lewens op ons paaie as gevolg van die besluite wat ons onder die invloed van alkohol neem,” het mnr. Wessie van der Westhuizen, NBL se besturende direkteur, gesê.

“Die veldtog wat ons onlangs van stapel gestuur het, lê klem op die denkpatrone wat tot mense se onverantwoordelike gedrag op ons paaie lei.

“'Ek is nie dronk nie, ek het net twee drankies gehad' of 'daar is nie vanaand enige padblokkades nie', is van dié denke. Dit lei tot onverantwoordelike besluite wat bydra tot die padongeluk- en padsterftestatus van ons land.

“As ons twee keer dink oor die besluite wat ons neem wanneer ons onder die invloed van alkohol is, kan ons lewens red. NBL is trots daarop om aan dié edele saak verbind te word. Dit sluit aan by ons groep se doel, naamlik om 'n toekoms te skep en lewens te verbeter,” het hy gesê.



BLAASTOETSE

Adj.komm. Amalia Gawanas, hoof van Nampol se verkeersafdeling, het gesê die aantal motorongelukke en padsterftes op Namibiese paaie bly 'n bron van kommer.

“Die meeste ongelukke word deur menslike foute veroorsaak, wat insluit nalatigheid, 'n swak bestuurstyl, hoë spoed, die oorlaai van motors, die verontagsaming van rooi ­verkeersligte, onpadwaardige voertuie, tieners agter die stuur en mense wat onder die invloed van alkohol en dwelms bestuur,” het Gawanas gesê.

“NBL se borgskap help baie met die rol wat padblokkades op ons nasio­nale paaie in die feesseisoen moet vertolk. Dit sal verkeersbeamptes help om alkoholverwante kwessies die hoof te bied, juis omdat ons tans 'n groot behoefte aan blaastoetse het.

“Ons waardeer NBL se voort­durende steun en sal ons bes doen om seker te maak hierdie skenking word op die beste manier moontlik aangewend.

“Ons is gereed vir hierdie wedloop en sal alles in ons vermoë doen om ­ongelukke op ons paaie te ­verminder,” het sy gesê.

Van der Westhuizen het 'n beroep op Namibiese padgebruikers gedoen om mekaar op die paaie te respekteer en sodoende die land se hoë motorongeluk- en padsterftesyfer te verlaag.

“Kom ons wees verantwoordelike Namibiese burgers – dink twee keer sodat lewens op ons paaie gespaar kan bly,” het hy gesê.

Die Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) se noodnommer vir motorongelukke is 081 9682.

Meld verkeersprobleme by (061) 222 888 aan.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.63/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.51/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 880.40/T UP 2.61% | Brent Crude Oil US$ 87.42/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 896.38/OZ DOWN -0.0064