Broekskeur wys tande
Die jongste statistiek oor groei in Namibië bewys presies hoe sleg dit met die ekonomie gaan.
Sedert Maart het die prentjie waarskynlik eerder vererg as verbeter.
Die resessie wat almal toenemend aan eie lyf voel – die regering, besighede en inwoners – duur nou reeds vir vier kwartale. Dit gaan die swaarste met die land in minstens 16 jaar en na alle waarskynlikheid in enige tyd sedert onafhanklikwording.
Dit is nou klinkklaar bewys dat die wêreldwye finansiële krisis van 2008 minder langdurige inkrimping as die huidige resessie veroorsaak het.
Konstruksie bloei al geruime tyd en ander sektore voel nou ook die knyp, onder meer die handelsektor. Hoe dit met ‘n land se winkels gaan, is ‘n belangrike barometer van die totale ekonomie.
Die minister van finansies en regering het krediet ontvang vir besuiniging en ingrypings wat Namibië steeds beskerm dat ons sy rommelstatus by Suid-Afrika aansteek. Oor sekere ingrypings en planne vir die onmiddellike toekoms is daar egter gemengde gevoelens.
‘n Voortsetting van omstandighede in die eerste kwartaal van vanjaar maak probleme ongetwyfeld nog groter. Ja, almal moet gordels intrek, maar daar kan ook ‘n tyd kom wanneer gordel breek.
Politici moet versigtig wees om nie broodjies vir Jan Publiek te bak wat sake rooskleuriger laat lyk as wat dit werklik is nie. Ongenaakbare eerlikheid is nodig – wat die aangepaste en selfs verdere ingrypings kan afdwing op gebiede waar dit regtig nodig is.
So sê ander
23 Junie 2017
Stadsaal-vlamme: SA steier nes Bloemfontein
Die tragiese verwoesting van Bloemfontein se historiese stadsaal (geopen in 1936) in ’n vlammehel wat stakende werkers van die Mangaung-metro gestig het, is nie te skei van die groter Suid-Afrikaanse scenario onder ANC-staatskapers in 2017 nie.
Kaderontplooiing, patronaatskap, wanbestuur, korrupsie, selfverryking, blaamskuiwery en die ANC-magstryd is relevante elemente.
Ace Magashule, premier van die Vrystaat, is ’n voorloper om die Zuma-faksie aan die bewind te hou, ook ter wille van eie aspirasies.
Die vernietigingskultuur wat deesdae op die land se duur infrastruktuur losgelaat word, kan nie ’n dag langer bekostig word nie.
Die regering en die samelewing het sedert 1994 daarin misluk om ’n kultuur van verantwoordelike burgerskap te vestig wat verandering deur die stembus, openbare diskoers en vreedsame protes dryf.
In ’n funksionele Suid-Afrika sou die vandale vir hul wandade moes pa staan.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie