Britte vier koningin se 93ste
Die Britse hoëkommissariaat het Donderdag koningin Elizabeth II se 93ste verjaardag met tradisionele vis en skyfies en Pimms-mengeldrankies gevier. Die Britse koninklike vlootorkes het hoëlui, die diplomatieke korps en uitgenooide gaste vermaak. Die Britse hoë kommissaris, me. Kate Airey (regs), het gesê Brittanje se handelsbande met Namibië is meer as N$722 miljoen per jaar sterk. Hier klink sy ’n glasie met die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Christina //Hoebes. Foto Francoise Steynberg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie