Brittanje voel Brexit aan sy sak
Maatskappye raak al hoe traer om in Brittanje te belê namate die land regmaak om hom te onttrek aan die EU en dit voorspel niks goeds vir die land se ekonomie nie.
Die koste van Brexit plaas ’n demper op die Britse ekonomie, verbruikers se kooplus en selfs die regering se rekenaarkoste.
Daarby het Kersvader glo glad nie ooghare vir dié uittrede uit die Europese Unie (EU) nie.
“Hier kom stadig maar seker ’n verlangsaming in ons ekonomie in 2017,” het Ian McCafferty, lid van die Bank van Engeland se monetêrebeleidskomitee, vandeesweek gesê.
Verbruikers is gewaarsku om hulle te staal vir hoër inflasie, invoerders trotseer hoër koste weens die swakker pond en maatskappye raak al hoe traer om in Brittanje te belê namate die land regmaak om hom te onttrek aan die EU.
Woensdag het die Bank van Engeland gesê maatskappye begin hul kontant opgaar en raak versigtig om te belê. Indiensneming het ook vir die eerste keer in ’n jaar begin daal, terwyl verbruikersvertroue op die laagste vlak in byna vier jaar is.
Die onderhandelingsproses oor Brittanje se onttrekking aan die EU lyk of dit op 'n tragedie vir sowel Brittanje as die EU afstuur, waarsku Mark Leonard, direkteur en stigter van die Europese Raad vir Buitelandse Sake.
“Die Brexit-onderhandelaars neem aan dat hulle op groei van die wêreldekonomie kan staatmaak en daarom is hulle net gefokus daarop om 'n groter sny van die koek vir Brittanje te onderhandel, terwyl die EU op sy beurt hardvogtig weier om ’n oorgangsooreenkoms te aanvaar.”
Hierdie weiering om mekaar halfpad te ontmoet, sal volgens Leonard tot ernstige ekonomiese skade vir sowel Brittanje as die EU lei.
Die Britse regering voel nou reeds aan sy eie lyf hoe Brexit se ekonomiese gevolge sy koste opjaag. Die Britse eerste minister, Theresa May, se kantoor is genoodsaak om met Microsoft te onderhandel om die impak van ’n groot kostestying weens die dalende pond te probeer versag.
Die kostestyging sou die regering honderdduisende ponde gekos het nadat Microsoft in Oktober aangekondig het die koste van sy wolkdiens wat die regering gebruik, sal in 2017 met 22% styg weens die verswakking van die pond. Die Britse geldeenheid het sedert die Brexit-referendum reeds 17% van sy waarde teenoor die dollar verloor en Microsoft verdien sy inkomste in dollar.
Die premierskantoor onderhandel nou met Microsoft vir voordele wat die hele regering kan help in die aankoop van Microsoft-lisensies.
Intussen het ’n meningsopname van YouGov bevind dat sowat 63% van die respondente glo Kersvader sou in die referendum in Junie gestem het om deel van die EU te bly, terwyl sowat 38% meen hy sou Brexit gesteun het.
“Miskien is dit ’n erkenning van die belangrikheid om die vryheid van beweging te hê wat Kersvader in staat te stel om sy Kersfees-take uit te voer,” sê die stemberekenaar Matthew Smith. Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie