Britse pond is op swakste vlak in 3 maande
Britse pond is op swakste vlak in 3 maande

Britse pond is op swakste vlak in 3 maande

Estelle de Bruyn
Die Britse pond het Maandagoggend in stil verhandeling in Asië tot sy laagste vlak in drie maande verswak ná mediaberigte dat die Britse regering heeltemal uit die Europese Unie (EU) wil gaan. Dit het kommer by beleggers laat ontstaan oor die impak daarvan.

Die pond het die kollig van die dollar gesteel wat die afgelope paar dae onder druk gekom het met beleggers wat kopkrap oor wat om te verwag van die aangewese Amerikaanse president Donald Trump se ekonomiese beleid. Trump word Vrydag as president ingehuldig.

Die pond het tot so laag as US$1,1983 verswak – ’n vlak wat laas vroeg in Oktober gesien is.

Die pond het Vrydag teen US$1,2038 verhandel – 1,1% swakker vir die dag.

Handelaars sê die mark reageer in reaksie op die koerant The Sunday Times wat berig dat Theresa May, premier van Brittanje, vandeesweek die sluier gaan lig oor planne vir ’n “harde Brexit”.

Sy sê sy is bereid om die EU se enkelmark te verlaat om weer beheer oor Brittanje se grense te kry.

Beleggers is bekommerd dat die besluit Britse uitvoer gaan knou en buitelandse investering in Brittanje gaan ontmoedig.

May sê sy gaan einde Maart met die proses begin om formeel uit die EU te gaan. Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!