Britse parlement stem in Junie weer oor Brexit
Britse parlement stem in Junie weer oor Brexit

Britse parlement stem in Junie weer oor Brexit

CNN berig dat die vierde stemmery in die laerhuis in die week van 3 Junie sal plaasvind.
Theresa May, Britse premier, gaan LP’s vra om vroeg in Junie weer oor Brexit te stem, voordat die parlement vir die somervakansie sluit.

Dit sal die vierde keer wees dat hulle stem oor die voorwaardes waaronder Brittanje die Europese Unie (EU) moet verlaat.

May het egter steeds nie 'n ooreenkoms daaroor met die Arbeidersparty bereik nie, berig die BBC.

CNN berig dat die vierde stemmery in die laerhuis in die week van 3 Junie sal plaasvind.

'n Woordvoerder van Downingstraat 10, die ampswoning van die Britse premier, sê die datum vir die stemmery is voorgestel nadat May en Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, weer Dinsdagaand vergader het.

The Guardian berig die onderhandelinge tussen May en Corbyn oor wat presies die Brexit-voorwaardes moet wees, gaan intussen voort. May wil hê LP's moet in Junie stem, of daar nou teen daardie tyd al met die Arbeidersparty op voorwaardes ooreengekom is of nie. As die twee partye nie ooreenkom nie, beteken dit die stemmery kan weer eens op 'n dooiepunt uitloop.

Brittanje moes die Europese Unie (EU) reeds op 29 Maart 2019 verlaat het. Die EU het die Britte tot 31 Oktober gegee om hul huis hiervoor in orde te kry.

BRIEF AAN MAY

May is onder groot druk van haar Konserwatiewe Party om op te hou om ’n Brexit-ooreenkoms met die Arbeidersparty te probeer bereik.

Altesaam 13 van haar kabinetskollegas voel sy gaan net haar opvolger opsaal met ’n ooreenkoms wat op sy beste tydelik en op sy slegste net vir die skyn is.

In ’n brief vra die 13, plus Graham Brady, voorsitter van die 1922-komitee van Konserwatiewe parlementslede, dat May nie moet toegee aan die Arbeiders se eis dat Brittanje ná Brexit in die doeane-unie van die Europese Unie moet bly nie.

“Jy sal die lojale middelgroep van die Konserwatiewe Party verloor, jou party laat skeur en waarskynlik niks hê om daarvoor te wys nie,” lui die brief volgens The Times, berig Reuters.

“Geen leier kan sy of haar opvolger bind aan so ’n ooreenkoms wat ten beste tydelik is en op sy slegste net vir die skyn is nie.”

Die brief is onderteken deur Gavin Williamson, oudminister van verdediging wat vroeër die maand afgedank is oor die uitlek van inligting uit ’n geheime vergadering, en Boris Johnson, oudminister van buitelandse sake.

Olly Robbins, May se hoofonderhandelaar vir Brexit, is op pad Brussel toe om veranderinge aan die politieke deklarasie – as deel van die ooreenkoms – te bespreek.

Robbins sal uitvind hoe gou die veranderinge gedoen kan word sou die regering en die Arbeiders tot ’n vergelyk kom, het die BBC berig.

Laura Kuenssberg, die BBC se politieke redakteur, het op Twitter gesê ’n onbekende bron uit Downingstraat 10 het gesê May sal nie ’n permanente doeane-unie aanvaar nie.

“Ons probeer ’n kompromis oor doeane te vind as ’n tydelike posisie of ’n tussentydse stap,” het die bron aan Kuenssberg gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%